Lumina
Romans

Romans 16

Romans 16·Afrikaans Bible

1Ek beveel by julle aan ons suster Fébé, wat ‘n dienares is van die gemeente in Kenchréë,"

2dat julle haar ontvang in die Here, soos dit die heiliges betaam, en haar bystaan in elke saak waarin sy julle nodig mag hê. Want sy was vir baie ‘n beskermster en ook vir my."

3Groet Priscílla en Aquila, my medewerkers in Christus Jesus,"

4wat vir my hulle lewe gewaag het; nie ek alleen dank hulle nie, maar ook al die gemeentes van die heidene."

5Groet ook die gemeente by hulle aan huis. Groet Epénetus, my geliefde, wat die eersteling van Acháje is vir Christus."

Romans 16 illustration - Romans Chapter 16

6Groet Maria wat baie vir ons gearbei het."

7Groet Andronícus en Júnias, my stamgenote en my medegevangenes, wat in aansien is onder die apostels en reeds voor my in Christus gewees het."

8Groet Amplias, my geliefde in die Here."

9Groet Urbánus, ons medewerker in Christus, en Stáchis, my geliefde."

10Groet Apélles, die beproefde in Christus. Groet hulle wat van die huis van Aristobúlus is."

Romans 16 illustration - Romans Chapter 16

11Groet Heródion, my stamgenoot. Groet hulle wat van die huis van Narcíssus is, die wat in die Here is."

12Groet Triféna en Trifósa, vroue wat in die Here arbei. Groet Pérsis, die geliefde vrou, wat baie in die Here gearbei het."

13Groet Rufus, die uitverkorene in die Here, en sy moeder en myne."

14Groet Asínkritus, Flegon, Hermas, Pátrobas, Hermes en die broeders wat saam met hulle is."

15Groet Filólogus en Julia, Néreus en sy suster en Olímpas en al die heiliges wat saam met hulle is."

Romans 16 illustration - Romans Chapter 16

16Groet mekaar met ‘n heilige kus. Die gemeentes van Christus groet julle."

17En ek vermaan julle, broeders, hou hulle in die oog wat tweedrag en aanstoot veroorsaak teen die leer wat julle geleer het, en vermy hulle."

18Want sulke mense dien nie onse Here Jesus nie, maar hulle eie buik; en hulle verlei deur hul vriendelike en mooi woorde die harte van die eenvoudiges."

19Want julle gehoorsaamheid het algemeen bekend geword. Daarom verbly ek my oor julle, en ek wens dat julle wys mag wees teenoor wat goed is, maar onskuldig teenoor wat sleg is."

20En die God van vrede sal die Satan spoedig onder julle voete verbrysel. Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle! Amen."

Romans 16 illustration - Romans Chapter 16

21Timótheüs, my medewerker, groet julle, en Lúcius en Jason en Sosípater, my stamgenote."

22Ek, Tértius, wat die brief geskryf het, groet julle in die Here."

23Gajus, my gasheer en ook van die hele gemeente, groet julle. Erástus, die penningmeester van die stad, en die broeder Quartus groet julle."

24Die genade van die Here Jesus Christus sy met julle almal! Amen."

25Aan Hom dan wat magtig is om julle te versterk volgens my evangelie en die prediking van Jesus Christus, ooreenkomstig die openbaring van die verborgenheid wat eeue lank verswyg is,"

Romans 16 illustration - Romans Chapter 16

26maar nou geopenbaar is en deur die profetiese Skrifte bekend gemaak is onder al die heidene, volgens die bevel van die ewige God, tot gehoorsaamheid van die geloof"

27aan die alleenwyse God, aan Hom die heerlikheid deur Jesus Christus tot in ewigheid! Amen."

Chapter Complete

You have read Romans 16

27 verses