Lumina
Psalms

The LORD is My Shepherd

Psalms 23·Afrikaans Bible

1‘n Psalm van Dawid. Die HERE is my herder; niks sal my ontbreek nie."

2Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen."

3Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil."

4Al gaan ek ook in ‘n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my."

5U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor."

Psalms 23 illustration - Psalms Chapter 23

6Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die HERE bly in lengte van dae."

Chapter Complete

You have read Psalms 23

6 verses