Lumina
Psalms

It Is Good to Give Thanks

Psalms 92·Afrikaans Bible

1‘n Psalm. ‘n Lied vir die sabbatdag. (92:2) Dit is goed om die HERE te loof en tot eer van u Naam te psalmsing, o Allerhoogste,"

2(92:3) om in die môre u goedertierenheid te verkondig en u getrouheid in die nagte;"

3(92:4) by die tiensnarige instrument en by die harp, by snarespel op die siter."

4(92:5) Want U het my bly gemaak, HERE, deur u dade; ek jubel oor die werke van u hande."

5(92:6) Hoe groot is u werke, o HERE; baie diep is u gedagtes!"

Psalms 92 illustration - Psalms Chapter 92

6(92:7) ‘n Dom mens weet nie, en ‘n dwaas verstaan dit nie:"

7(92:8) as die goddelose mense groei soos die plante en al die werkers van ongeregtigheid bloei, is dit om hulle vir ewig te verdelg."

8(92:9) Maar U is hoog verhewe tot in ewigheid, HERE!"

9(92:10) Want kyk, u vyande, o HERE, want kyk, u vyande sal vergaan; al die werkers van ongeregtigheid sal verstrooi word."

10(92:11) Maar U verhoog my horing soos van ‘n buffel; ek is met vars olie gesalf."

Psalms 92 illustration - Psalms Chapter 92

11(92:12) En my oog sien met welgevalle neer op die wat my voorlê, my ore hoor van die wat teen my as kwaaddoeners opstaan."

12(92:13) Die regverdige sal groei soos ‘n palmboom; hy sal opgroei soos ‘n seder op die Líbanon."

13(92:14) Geplant in die huis van die HERE, sal hulle groei in die voorhowe van onse God."

14(92:15) In die gryse ouderdom sal hulle nog vrugte dra, hulle sal vet en groen wees,"

15(92:16) om te verkondig dat die HERE reg is, my rots, en in Hom is geen onreg nie."

Chapter Complete

You have read Psalms 92

15 verses