Lumina
Psalms

Our Eternal Dwelling Place

Psalms 90·Afrikaans Bible

1‘n Gebed van Moses, die man van God. Here, U was vir ons ‘n toevlug van geslag tot geslag."

2Voordat die berge gebore was en U die aarde en die wêreld voortgebring het, ja, van ewigheid tot ewigheid is U God."

3U laat die mens terugkeer tot stof en sê: Keer terug, o mensekinders!"

4Want duisend jaar is in u oë soos die dag van gister as dit verbyskiet, en soos ‘n nagwaak."

5Weggespoel het U hulle; hulle word ‘n slaap; in die môre is hulle soos die gras wat weer uitspruit:"

Psalms 90 illustration - Psalms Chapter 90

6in die môre bloei dit en spruit weer uit; in die aand sny ‘n mens dit af, en dit verdor."

7Want ons vergaan deur u toorn, en deur u grimmigheid word ons verskrik."

8U stel ons ongeregtighede voor U, ons verborge sondes in die lig van u aangesig."

9Want al ons dae gaan verby deur u grimmigheid, ons bring ons jare deur soos ‘n gedagte."

10Die dae van ons jare—daarin is sewentig jaar, of as ons baie sterk is, tagtig jaar; en die uitnemendste daarvan is moeite en verdriet; want gou gaan dit verby, en ons vlieg daarheen."

Psalms 90 illustration - Psalms Chapter 90

11Wie ken die sterkte van u toorn en u grimmigheid, ooreenkomstig die vrees wat aan U verskuldig is?"

12Leer ons om ons dae so te tel dat ons ‘n wyse hart mag bekom!"

13Keer terug, HERE! Tot hoe lank? En ontferm U oor u knegte."

14Versadig ons in die môre met u goedertierenheid, sodat ons kan jubel en bly wees in al ons dae."

15Maak ons bly na die dae waarin U ons verdruk het, na die jare waarin ons onheil gesien het."

Psalms 90 illustration - Psalms Chapter 90

16Laat u werk vir u knegte sigbaar word en u heerlikheid oor hulle kinders."

17En laat die lieflikheid van die HERE onse God oor ons wees, en bevestig die werk van ons hande oor ons, ja, die werk van ons hande, bevestig dit!"

Chapter Complete

You have read Psalms 90

17 verses