1Vir die musiekleier; op die wysie van: "Sterf vir die Seun". ‘n Psalm van Dawid. (9:2) Ek wil die HERE loof met my hele hart; ek wil al u wonders vertel."
2(9:3) In U wil ek bly wees en juig; ek wil psalmsing tot eer van u Naam, o Allerhoogste,"
3(9:4) omdat my vyande agteruitwyk, struikel en omkom van voor u aangesig."
4(9:5) Want U het my reg en my regsaak behandel; U het gaan sit op die troon, o regverdige regter!"
5(9:6) U het die heidene gedreig, die goddelose laat omkom, hulle naam uitgedelg vir ewig en altyd."

6(9:7) Die vyande het omgekom—puinhope vir ewig; ook die stede wat U verwoes het; hulle gedagtenis, ja, dié het vergaan."
7(9:8) Maar die HERE sit vir ewig; Hy het sy troon reggesit vir die oordeel."
8(9:9) En Hy self sal die wêreld oordeel in geregtigheid en die volke vonnis met reg."
9(9:10) So is die HERE dan ‘n rotsvesting vir die verdrukte, ‘n rotsvesting in tye van benoudheid."
10(9:11) En hulle wat u Naam ken, sal op U vertrou, omdat U die wat U soek, nie verlaat nie, o HERE!"

11(9:12) Psalmsing tot eer van die HERE wat op Sion woon; verkondig onder die volke sy dade."
12(9:13) Want Hy wat die bloed soek, dink aan hulle; Hy vergeet die geroep van die ellendiges nie."
13(9:14) Wees my genadig, HERE, aanskou my ellende vanweë my haters, U wat my verhef uit die poorte van die dood;"
14(9:15) sodat ek al u roemryke dade kan vertel, in die poorte van die dogter van Sion kan juig oor u heil."
15(9:16) Die heidene het gesink in die kuil wat hulle gemaak het; hulle voet is gevang in die net wat hulle gespan het."

16(9:17) Die HERE het Hom bekend gemaak; Hy het strafgerig geoefen; die goddelose is verstrik in die werk van sy hande. Higgajon. Sela."
17(9:18) Die goddelose sal teruggaan na die doderyk, al die heidene wat God vergeet."
18(9:19) Want die behoeftige sal nie vir altyd vergeet word, die verwagting van die ellendiges nie vir ewig verlore gaan nie."
19(9:20) Staan op, HERE, laat die mens nie sterk word nie; laat die heidene voor u aangesig geoordeel word!"
20(9:21) o HERE jaag hulle skrik aan; laat die heidene weet, hulle is mense! Sela."
You have read Psalms 9
20 verses