Lumina
Psalms

I Will Sing of Mercies

Psalms 89·Afrikaans Bible

1‘n Onderwysing van Etan, die Esrahiet. (89:2) Die goedertierenhede van die HERE wil ek vir ewig besing; ek wil u trou bekend maak met my mond van geslag tot geslag."

2(89:3) Want ek het gesê: Goedertierenheid sal vir ewig gebou word; in die hemele—daar bevestig U u trou."

3(89:4) Ek het ‘n verbond gesluit met my uitverkorene, met ‘n eed aan Dawid, my kneg, belowe:"

4(89:5) Tot in ewigheid sal Ek jou nageslag bevestig en jou troon opbou van geslag tot geslag. Sela."

5(89:6) En die hemele loof u wondermag, o HERE, ook u trou in die vergadering van die heiliges."

Psalms 89 illustration - Psalms Chapter 89

6(89:7) Want wie kan in die hemel met die HERE vergelyk word? Wie is soos die HERE onder die hemelinge,"

7(89:8) ‘n God grootliks gedug in die raad van die heiliges en vreeslik bo almal wat rondom Hom is?"

8(89:9) o HERE, God van die leërskare, wie is soos U? Grootmagtig is U, o HERE, en u trou is rondom U!"

9(89:10) U heers oor die trotsheid van die see; as sy golwe hulle verhef, bring U hulle tot bedaring."

10(89:11) U het Rahab verbrysel soos een wat verslaan is, met u sterke arm u vyande verstrooi."

Psalms 89 illustration - Psalms Chapter 89

11(89:12) Aan U behoort die hemel, aan U ook die aarde; die wêreld en sy volheid—U het dit gegrond."

12(89:13) Die noorde en die suide—U het dit geskape; Tabor en Hermon jubel in u Naam."

13(89:14) U het ‘n arm met mag; u hand is sterk, u regterhand verhewe."

14(89:15) Geregtigheid en reg is die grondslag van u troon; goedertierenheid en trou gaan voor u aangesig uit."

15(89:16) Welgeluksalig is die volk wat die geklank ken; o HERE, hulle wandel in die lig van u aangesig."

Psalms 89 illustration - Psalms Chapter 89

16(89:17) In u Naam juig hulle die hele dag, en deur u geregtigheid word hulle verhef."

17(89:18) Want U is hulle magtige sieraad, en deur u welbehae word ons horing verhef."

18(89:19) Want aan die HERE behoort ons skild, en ons koning aan die Heilige van Israel."

19(89:20) Toe het U in ‘n gesig gespreek met u gunsgenoot en gesê: Ek het hulp verleen aan ‘n held, ‘n uitverkorene uit die volk verhef."

20(89:21) Ek het Dawid, my kneg, gevind, met my heilige olie hom gesalf,"

Psalms 89 illustration - Psalms Chapter 89

21(89:22) met wie my hand bestendig sal wees; ook sal my arm hom versterk."

22(89:23) Die vyand sal hom nie oorval en die kwaaddoener hom nie verdruk nie;"

23(89:24) maar Ek sal sy teëstanders voor hom weg verpletter; en die wat hom haat, sal Ek verslaan."

24(89:25) En my trou en my goedertierenheid sal met hom wees, en deur my Naam sal sy horing verhef word."

25(89:26) En Ek sal sy hand lê op die see en sy regterhand op die riviere."

Psalms 89 illustration - Psalms Chapter 89

26(89:27) Hy is dit wat My sal noem: U is my Vader, my God en die rots van my heil!"

27(89:28) Ja, Ék sal hom ‘n eersgeborene maak, die hoogste onder die konings van die aarde."

28(89:29) Vir ewig sal Ek my goedertierenheid vir hom bewaar, en my verbond bly vir hom vas."

29(89:30) En Ek sal sy nageslag vir ewig laat duur en sy troon soos die dae van die hemel."

30(89:31) As sy kinders my wet verlaat en in my regte nie wandel nie;"

Psalms 89 illustration - Psalms Chapter 89

31(89:32) as hulle my insettinge ontheilig en my gebooie nie hou nie,"

32(89:33) dan sal Ek hulle oortreding met die roede besoek en met plae hulle ongeregtigheid."

33(89:34) Maar my goedertierenheid sal Ek van hom nie wegneem en my trou nie verbreek nie."

34(89:35) Ek sal my verbond nie ontheilig nie, en wat oor my lippe gegaan het, sal Ek nie verander nie."

35(89:36) Een maal het Ek gesweer by my heiligheid: Waarlik, Ek sal vir Dawid nie lieg nie!"

Psalms 89 illustration - Psalms Chapter 89

36(89:37) Sy nageslag sal vir ewig wees en sy troon soos die son voor My."

37(89:38) Soos die maan sal hy vir ewig vasstaan, en die getuie in die hemel is getrou. Sela."

38(89:39) Maar U het self verstoot en verag, U het toornig geword teen u gesalfde."

39(89:40) U het die verbond van u kneg tot niet gemaak, U het sy kroon ontheilig teen die grond."

40(89:41) U het al sy mure stukkend gebreek, sy vestings ‘n puinhoop gemaak."

Psalms 89 illustration - Psalms Chapter 89

41(89:42) Almal wat met die pad verbygaan, het hom beroof; vir sy bure het hy ‘n smaad geword."

42(89:43) U het die regterhand van sy teëstanders verhef, al sy vyande bly gemaak."

43(89:44) Ook het U die skerpte van sy swaard laat omdraai en hom nie laat standhou in die geveg nie."

44(89:45) U het aan hom sy glans onttrek en sy troon teen die grond neergewerp."

45(89:46) U het die dae van sy jeug verkort, hom met skaamte oordek. Sela."

Psalms 89 illustration - Psalms Chapter 89

46(89:47) Hoe lank sal U, o HERE, Uself vir altyd verberg, sal u grimmigheid brand soos ‘n vuur?"

47(89:48) Gedenk van watter lewensduur ek is, tot watter nietigheid U al die mensekinders geskape het!"

48(89:49) Watter mens leef daar wat die dood nie sal sien nie, wat sy siel sal kan red uit die mag van die doderyk? Sela."

49(89:50) Here, waar is u vorige goedertierenhede wat U aan Dawid met ‘n eed beloof het in u trou?"

50(89:51) Gedenk, Here, die smaad van u knegte, hoe ek in my boesem dra die smaad van al die baie volke,"

Psalms 89 illustration - Psalms Chapter 89

51(89:52) waarmee u vyande, o HERE, smaad, waarmee hulle die voetstappe van u gesalfde smaad."

52(89:53) Geloofd sy die HERE vir ewig! Amen, ja amen."

Chapter Complete

You have read Psalms 89

52 verses