1‘n Lied, ‘n Psalm van die kinders van Korag, Vir die musiekleier; op die wysie van: "Máhalat leannot." ‘n Onderwysing van Heman, die Esrahiet. (88:2) HERE, God van my heil, bedags roep ek, in die nag is dit voor U."
2(88:3) Laat my gebed voor u aangesig kom, neig u oor tot my smeking."
3(88:4) Want my siel is sat van teëspoede, en my lewe raak aan die doderyk."
4(88:5) Ek word gereken by die wat in die kuil neerdaal; ek het geword soos ‘n man sonder krag,"
5(88:6) vrygelaat onder die dooies, soos die wat verslaan is, wat in die graf lê, aan wie U nie meer dink nie, en wat afgesny is van u hand."

6(88:7) U het my gesit in die kuil diep daaronder, in duisternisse, in dieptes."
7(88:8) U grimmigheid rus op my, en U druk my neer met al u golwe. Sela."
8(88:9) U het my bekendes ver van my verwyder, my iets afskuweliks gemaak vir hulle; ek is ingesluit en kan nie uitkom nie."
9(88:10) My oog vergaan van ellende. HERE, ek roep U aan die hele dag deur, ek brei my hande na U uit."
10(88:11) Kan U aan die dooies ‘n wonder doen? Of kan skimme opstaan, kan hulle U loof? Sela."

11(88:12) Kan u goedertierenheid vertel word in die graf, u trou in die plek van vertering?"
12(88:13) Kan u wondermag in die duisternis bekend word en u geregtigheid in die land van vergetelheid?"
13(88:14) Maar ék, HERE, roep U aan om hulp, en in die môre kom my gebed U tegemoet."
14(88:15) HERE, waarom verstoot U my siel, verberg U u aangesig vir my?"
15(88:16) Van jongs af is ek ellendig en klaar om te sterwe; ek dra u verskrikkinge, ek is radeloos."

16(88:17) U toorngloed het oor my gegaan; u verskrikkinge vernietig my;"
17(88:18) die hele dag omring hulle my soos water, saam omsingel hulle my."
18(88:19) U het vriend en metgesel ver van my verwyder; my bekendes is duisternis."
You have read Psalms 88
18 verses