Lumina
Psalms

Bow Down Thine Ear

Psalms 86·Afrikaans Bible

1‘n Gebed van Dawid. HERE, neig u oor, verhoor my, want ek is ellendig en behoeftig."

2Bewaar my siel, want ‘n gunsgenoot is ek; U, my God, verlos u kneg wat op U vertrou."

3Wees my genadig, o Here, want ek roep U aan die hele dag deur."

4Verbly die siel van u kneg, want tot U, o Here, hef ek my siel op."

5Want U, o Here, is goed en vergewensgesind en groot van goedertierenheid vir almal wat U aanroep."

Psalms 86 illustration - Psalms Chapter 86

6HERE, luister na my gebed en let op die stem van my smekinge."

7In die dag van my benoudheid roep ek U aan, want U verhoor my."

8Daar is niemand soos U onder die gode, Here, en daar is niks soos u werke nie."

9Al die nasies wat U gemaak het, sal kom en hulle voor u aangesig neerbuig, Here, en hulle sal u Naam eer;"

10want U is groot en doen wonders, U alleen is God."

Psalms 86 illustration - Psalms Chapter 86

11Leer my, HERE, u weg: ek sal in u waarheid wandel; verenig my hart tot die vrees van u Naam."

12Here, my God, ek wil U loof met my hele hart en u Naam vir ewig eer;"

13want u goedertierenheid is groot oor my, en U het my siel uit die doderyk diep daaronder gered."

14o God, vermeteles het teen my opgestaan, en ‘n bende tiranne soek my lewe; en hulle stel U nie voor hul oë nie."

15Maar U, Here, is ‘n barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou."

Psalms 86 illustration - Psalms Chapter 86

16Wend U tot my en wees my genadig; gee u sterkte aan u kneg en verlos die seun van u diensmaagd."

17Doen aan my ‘n teken ten goede, sodat my haters dit sien en beskaamd kan staan, omdat U, o HERE, my gehelp en getroos het."

Chapter Complete

You have read Psalms 86

17 verses