1Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. ‘n Psalm. (85:2) U het, o HERE, ‘n welbehae gehad in u land; die lot van Jakob het U verander."
2(85:3) U het die ongeregtigheid van u volk weggeneem, al hulle sonde bedek. Sela."
3(85:4) U het al u grimmigheid teruggetrek, U het U van die gloed van u toorn afgewend."
4(85:5) Herstel ons, o God van ons heil, en maak tot niet u grimmigheid teen ons!"
5(85:6) Sal U vir ewig teen ons toornig wees, u toorn laat duur van geslag tot geslag?"

6(85:7) Sal U ons nie weer lewend maak, sodat u volk in U bly kan wees nie?"
7(85:8) Laat ons u goedertierenheid sien, o HERE, en gee ons u heil!"
8(85:9) Ek wil hoor wat God die HERE spreek. Ja, Hy spreek vrede vir sy volk en vir sy gunsgenote; maar laat hulle nie tot dwaasheid terugkeer nie!"
9(85:10) Gewis, sy heil is naby die wat Hom vrees, sodat heerlikheid in ons land kan woon."
10(85:11) Goedertierenheid en trou ontmoet mekaar; geregtigheid en vrede kus mekaar."

11(85:12) Trou spruit uit die aarde en geregtigheid kyk uit die hemel neer."
12(85:13) Ook gee die HERE die goeie, en ons land lewer sy opbrings."
13(85:14) Geregtigheid gaan voor Hom uit, en dit let op die weg van sy voetstappe."
You have read Psalms 85
13 verses