Lumina
Psalms

How Amiable Are Thy Tabernacles

Psalms 84·Afrikaans Bible

1Vir die musiekleier; op die Gittiet. Van die kinders van Korag. ‘n Psalm. (84:2) Hoe lieflik is u woninge, o HERE van die leërskare!"

2(84:3) My siel verlang, ja, smag na die voorhowe van die HERE; my hart en my vlees jubel uit tot die lewende God."

3(84:4) Selfs vind die mossie ‘n huis en die swaweltjie ‘n nes vir haar, waar sy haar kleintjies neerlê, naamlik u altare, HERE van die leërskare, my Koning en my God!"

4(84:5) Welgeluksalig is hulle wat woon in u huis; hulle prys U gedurig. Sela."

5(84:6) Welgeluksalig is die mens wie se sterkte in U is, in wie se hart die gebaande weë is."

Psalms 84 illustration - Psalms Chapter 84

6(84:7) As hulle deur die Droë Laagte trek, maak hulle dit ‘n fonteinland; ook oordek die vroeë reën dit met seëninge."

7(84:8) Hulle gaan van krag tot krag; elkeen van hulle sal verskyn voor God in Sion."

8(84:9) HERE, God van die leërskare, hoor my gebed; luister tog, o God van Jakob! Sela."

9(84:10) o God, ons skild, kyk en aanskou die aangesig van u gesalfde."

10(84:11) Want ‘n dag in u voorhowe is beter as duisend; ek wil liewer by die drumpel staan in die huis van my God as om te woon in die tente van goddeloosheid."

Psalms 84 illustration - Psalms Chapter 84

11(84:12) Want die HERE God is ‘n son en skild; die HERE sal genade en eer gee; Hy sal die goeie nie onthou aan die wat in opregtheid wandel nie."

12(84:13) HERE van die leërskare, welgeluksalig is die mens wat op U vertrou!"

Chapter Complete

You have read Psalms 84

12 verses