1Vir die musiekleier; op die Gittiet. ‘n Psalm van Asaf. (81:2) Jubel tot eer van God, ons sterkte! Juig tot eer van die God van Jakob!"
2(81:3) Hef aan ‘n lied en laat die tamboeryn klink, die lieflike siter saam met die harp."
3(81:4) Blaas die basuin op nuwemaan, op volmaan vir ons feesdag."
4(81:5) Want dit is ‘n insetting vir Israel, ‘n verordening van die God van Jakob."
5(81:6) Hy het dit ingestel as getuienis in Josef toe Hy uitgetrek het teen Egipteland. ‘n Taal wat ek nie geken het nie, het ek gehoor:"

6(81:7) Ek het sy skouer bevry van die las, sy hande het die mandjie gelos."
7(81:8) In die nood het jy geroep, en Ek het jou uitgered; Ek het jou geantwoord in die skuilplek van die donder; Ek het jou getoets by die waters van Mériba. Sela."
8(81:9) Hoor, my volk, en Ek wil jou dit inskerp; Israel, as jy tog na My wou luister!"
9(81:10) Daar mag by jou geen vreemde god wees nie, en voor ‘n uitlandse god mag jy jou nie neerbuig nie."
10(81:11) Ek is die HERE jou God wat jou laat optrek het uit Egipteland; maak jou mond wyd oop, dat Ek dit kan vul."

11(81:12) Maar my volk het na my stem nie geluister nie, en Israel was vir My nie gewillig nie."
12(81:13) Toe het Ek hulle oorgegee aan die verhardheid van hul hart, dat hulle in hul eie planne kon wandel."
13(81:14) Ag, as my volk maar na My wou luister, Israel in my weë wou wandel!"
14(81:15) Gou sou Ek hul vyande onderwerp en my hand teen hul teëstanders uitstrek."
15(81:16) Die haters van die HERE sou kruipende na Hom toe kom; maar húlle tyd sou vir ewig wees."

16(81:17) Ja, Hy sou hulle voed met die beste van die koring; en met heuning uit die rots sou Ek jou versadig."
You have read Psalms 81
16 verses