1Vir die musiekleier; op die Gittiet. ‘n Psalm van Dawid. (8:2) o HERE, onse Here, hoe heerlik is u Naam op die ganse aarde! U wat u majesteit gelê het op die hemele."
2(8:3) Uit die mond van kinders en suiglinge het U sterkte gegrondves, om u teëstanders ontwil, om die vyand en wraakgierige stil te maak."
3(8:4) As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre wat U toeberei het—"
4(8:5) wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek?"
5(8:6) U het hom ‘n weinig minder gemaak as ‘n goddelike wese en hom met eer en heerlikheid gekroon."

6(8:7) U laat hom heers oor die werke van u hande; U het alles onder sy voete gestel:"
7(8:8) skape en beeste, dié almal, en ook die diere van die veld,"
8(8:9) die voëls van die hemel en die visse van die see, wat trek deur die paaie van die see."
9(8:10) o HERE, onse Here, hoe heerlik is u Naam op die ganse aarde!"
You have read Psalms 8
9 verses