1Vir die musiekleier; op die wysie van: "Jedútun." ‘n Psalm van Asaf. (77:2) My stem is tot God en ek roep; my stem is tot God, dat Hy na my kan luister."
2(77:3) Op die dag van my benoudheid soek ek die HERE; snags bly my hand uitgestrek sonder om moeg te word; my siel weier om getroos te word."
3(77:4) As ek aan God dink, moet ek steun; peins ek, dan versmag my gees. Sela."
4(77:5) U hou my ooglede oop; ek is onrustig en kan nie spreek nie."
5(77:6) Ek dink oor die dae van die voortyd, oor die ou, ou jare."

6(77:7) Ek wil dink aan my snarespel in die nag, wil peins met my hart, en my gees deurvors:"
7(77:8) Sal die Here vir altyd verstoot en verder nie meer goedgunstig wees nie?"
8(77:9) Hou sy goedertierenheid vir altyd op? Is dit met die belofte gedaan van geslag tot geslag?"
9(77:10) Het God vergeet om genadig te wees? Of het Hy in toorn sy barmhartighede toegesluit? Sela."
10(77:11) Toe het ek gesê: Dit is my grootste bekommernis dat die regterhand van die Allerhoogste verander!"

11(77:12) Ek dink aan die dade van die HERE; ja, ek wil dink aan u wonders uit die voortyd"
12(77:13) en al u werk oordink, en ek wil peins oor u dade."
13(77:14) o God, u weg is in heiligheid. Wie is ‘n groot God soos God?"
14(77:15) U is die God wat wonders doen; U het u sterkte onder die volke bekend gemaak."
15(77:16) U het u volk met ‘n sterk arm verlos, die kinders van Jakob en van Josef. Sela."

16(77:17) Die waters het U gesien, o God, die waters het U gesien, hulle het gebewe; ja, die watervloede het gesidder."
17(77:18) Die wolke het water uitgegiet, die hemele het donder laat hoor, ook het u pyle rondgevlieg."
18(77:19) U rollende donder het weerklink; bliksems het die wêreld verlig; die aarde het gesidder en gebewe."
19(77:20) U weg was in die see en u paaie in groot waters, en u spore was nie te beken nie."
20(77:21) U het u volk soos skape gelei deur die hand van Moses en Aäron."
You have read Psalms 77
20 verses