Lumina
Psalms

God of Salem

Psalms 76·Afrikaans Bible

1Vir die musiekleier; met snaarinstrumente. ‘n Psalm van Asaf. ‘n Lied. (76:2) God is bekend in Juda, sy Naam is groot in Israel."

2(76:3) Ook het in Salem sy tent verrys en in Sion sy woning."

3(76:4) Daar het Hy die blitspyle van die boog verbreek, skild en swaard en oorlog. Sela."

4(76:5) Glansryk is U, heerlik van die roofberge af!"

5(76:6) Geplunder is die sterkes van hart; hulle het hul slaap gesluimer, en geeneen van die dapper manne het hulle hande gevind nie."

Psalms 76 illustration - Psalms Chapter 76

6(76:7) Deur u dreiging, o God van Jakob, het strydwa en perd saam bedwelmd geraak."

7(76:8) U, vreeslik is U, en wie kan voor u aangesig bestaan as u toorn uitgebreek het?"

8(76:9) Uit die hemel het U ‘n oordeel laat hoor; die aarde het gevrees en stil geword,"

9(76:10) toe God opgestaan het vir die gerig, om al die ootmoediges van die land te verlos. Sela."

10(76:11) Want die grimmigheid van die mens moet U loof; met die oorblyfsel van grimmighede gord U Uself."

Psalms 76 illustration - Psalms Chapter 76

11(76:12) Doen geloftes en betaal dié aan die HERE julle God! Laat almal wat rondom Hom is, geskenke bring aan die Vreeslike,"

12(76:13) wat die trots van die vorste wegsny, vreeslik is vir die konings van die aarde."

Chapter Complete

You have read Psalms 76

12 verses