Lumina
Psalms

Why Hast Thou Cast Us Off?

Psalms 74·Afrikaans Bible

1‘n Onderwysing van Asaf. o God, waarom het U vir altyd verstoot? Waarom rook u toorn teen die skape van u weide?"

2Dink aan u vergadering wat U in die voortyd verwerf het, wat U verlos het om die stam van u erfdeel te wees, aan die berg Sion waar U op gewoon het."

3Hef u voete op na die ewige puinhope: alles het die vyand in die heiligdom verniel."

4U teëstanders het binne-in u vergaderplek gebrul; hulle het hul tekens as tekens gestel."

5Dit lyk soos wanneer iemand byle omhoog hef in ‘n digte plek bome."

Psalms 74 illustration - Psalms Chapter 74

6En nou—die houtsnywerk daarvan het hulle alles met byl en hamers stukkend geslaan."

7Hulle het u heiligdom aan die brand gesteek; tot die grond toe het hulle die woonplek van u Naam ontheilig."

8Hulle het in hul hart gesê: Laat ons hulle almal saam onderdruk! Hulle het al die vergaderplekke van God in die land verbrand."

9Ons sien nie ons tekens nie; daar is geen profeet meer nie, en by ons is daar niemand wat weet hoe lank nie."

10Hoe lank, o God, sal die teëstander smaad aandoen, sal die vyand u Naam vir altyd verag?"

Psalms 74 illustration - Psalms Chapter 74

11Waarom trek U u hand, ja, u regterhand, terug? Trek dit uit u boesem! Vernietig!"

12Nogtans is God my Koning van die voortyd af, wat verlossinge werk op die aarde."

13U het deur u sterkte die see geklief; U het die koppe van die seemonsters op die waters verbreek."

14U het die koppe van die Leviátan verbrysel; U het hom gegee as voedsel vir ‘n volk—vir woestyndiere."

15U het fontein en stroom oopgeslaan; U het standhoudende riviere laat opdroog."

Psalms 74 illustration - Psalms Chapter 74

16Aan U behoort die dag, aan U behoort ook die nag; U het hemelligte en son vasgestel."

17U het al die grense van die aarde bepaal; somer en winter, U het hulle geformeer."

18Dink hieraan: Die vyand het die HERE gesmaad, en ‘n dwase volk het u Naam verag."

19Gee aan die wilde diere die siel van u tortelduif nie oor nie; vergeet nie vir altyd die lewe van u ellendiges nie."

20Aanskou die verbond, want die donker plekke van die land is vol wonings van geweld."

Psalms 74 illustration - Psalms Chapter 74

21Laat die verdrukte nie beskaamd terugkom nie; laat die ellendige en behoeftige u Naam prys."

22Staan op, o God, verdedig u saak; dink aan die smaad wat U die hele dag aangedoen word deur ‘n dwaas."

23Vergeet nie die geroep van u teëstanders nie—die rumoer van u opstandige vyande, wat altyddeur opgaan!"

Chapter Complete

You have read Psalms 74

23 verses