Lumina
Psalms

A Prayer for Righteous Judgment

Psalms 7·Afrikaans Bible

1Sjiggajon van Dawid wat hy tot eer van die HERE gesing het weens die woorde van Kus, die Benjaminiet. (7:2) HERE, my God, by U skuil ek; verlos my van al my vervolgers en red my;"

2(7:3) sodat hy nie soos ‘n leeu my verskeur en wegruk sonder dat iemand red nie."

3(7:4) HERE, my God, as ek dit gedoen het, as daar onreg in my hande is,"

4(7:5) as ek hóm kwaad aangedoen het wat in vrede met my geleef het (ja, ek het hom gered wat my sonder oorsaak vyandig was),"

5(7:6) mag die vyand my dan vervolg en inhaal en my lewe teen die grond vertrap en my eer in die stof laat woon. Sela."

Psalms 7 illustration - Psalms Chapter 7

6(7:7) Staan op, HERE, in u toorn, verhef U teen die grimmigheid van my teëstanders en ontwaak vir my, U wat die reg beveel het!"

7(7:8) En laat die vergadering van die volke U omring; keer dan bo hulle terug in die hoogte!"

8(7:9) Die HERE oordeel die volke. Doen aan my reg, HERE, na my geregtigheid en na my onskuld wat by my is."

9(7:10) Laat tog die boosheid van die goddelose mense ‘n einde neem, maar bevestig U die regverdige, ja, U wat harte en niere toets, o regverdige God!"

10(7:11) My skild is by God wat die opregtes van hart verlos."

Psalms 7 illustration - Psalms Chapter 7

11(7:12) God is ‘n regverdige regter, en ‘n God wat elke dag toornig is."

12(7:13) As hy hom nie bekeer nie, maak Hy sy swaard skerp; Hy span sy boog en mik daarmee"

13(7:14) en berei vir hom dodelike werktuie; Hy maak sy pyle brandende wapens."

14(7:15) Kyk, hy is in barensweë van onreg en is swanger van moeite; hy baar leuens."

15(7:16) Hy het ‘n kuil gegrawe en dit uitgehol; maar hy het geval in die vangkuil wat hy gemaak het."

Psalms 7 illustration - Psalms Chapter 7

16(7:17) Die onheil wat hy gestig het, keer op sy hoof terug, en sy geweld kom op sy skedel neer."

17(7:18) Ek wil die HERE loof na sy geregtigheid en die Naam van die HERE, die Allerhoogste, psalmsing."

Chapter Complete

You have read Psalms 7

17 verses