1Vir die musiekleier. ‘n Psalm van Dawid. (64:2) Hoor my stem, o God, in my klagte; bewaar my lewe vir die skrik van die vyand."
2(64:3) Steek my weg vir die raad van die kwaaddoeners, vir die gewoel van die werkers van ongeregtigheid;"
3(64:4) wat hulle tong skerp maak soos ‘n swaard, hulle pyl rig—bitter woorde! —"
4(64:5) om in skuilplekke na die opregte te skiet; skielik skiet hulle hom en vrees nie."
5(64:6) ‘n Listige plan stel hulle vir hul vas; hulle spreek af om strikke te span; hulle sê: Wie sal dit sien?"

6(64:7) Hulle versin ongeregtighede: Ons is gereed! ‘n Fyn uitgedinkte plan! Ja, ‘n man se binneste en onpeilbare hart!"
7(64:8) Maar God tref hulle met ‘n pyl, skielik is hulle wonde daar."
8(64:9) En hulle tong laat hulle oor hulself struikel; almal wat hulle aansien, skud die hoof."
9(64:10) En alle mense vrees en verkondig die werk van God en gee ag op wat Hy doen."
10(64:11) Die regverdige sal bly wees in die HERE en by Hom skuil, en al die opregtes van hart sal hulle beroem."
You have read Psalms 64
10 verses