Lumina
Psalms

Banner of Truth

Psalms 60·Afrikaans Bible

1Vir die musiekleier; op die wysie van: "Die Lelie van die Getuienis." ‘n Gedig van Dawid, om te onderrig. (60:2) Toe hy oorlog gevoer het teen die Arameërs van Mesopotámië en die Arameërs van Soba, en Joab teruggekom en die Edomiete verslaan het in die Soutdal, twaalf duisend. (60:3) o God, U het ons verstoot, ons vanmekaar geskeur; U was toornig; herstel ons!"

2(60:4) U het die land laat bewe, dit gekloof; genees sy breuke, want dit wankel!"

3(60:5) U het u volk harde dinge laat sien; U het ons bedwelmende wyn laat drink."

4(60:6) U het aan die wat u vrees, ‘n banier gegee, om te vlug vir die boog! Sela."

5(60:7) Sodat u bemindes gered mag word; verlos deur u regterhand en verhoor ons!"

Psalms 60 illustration - Psalms Chapter 60

6(60:8) God het gespreek in sy heiligdom: Ek wil jubel, Ek wil Sigem verdeel en die dal van Sukkot afmeet."

7(60:9) Gílead is myne en Manasse is myne, en Efraim is die beskutting van my hoof; Juda is my veldheerstaf."

8(60:10) Moab is my waskom; op Edom werp Ek my skoen; jubel oor My, o Filistéa!"

9(60:11) Wie sal my bring in die versterkte stad? Wie kan my lei tot in Edom?"

10(60:12) Het U, o God, ons nie verwerp nie? En U trek nie uit, o God, saam met ons leërs nie."

Psalms 60 illustration - Psalms Chapter 60

11(60:13) Verleen ons hulp teen die vyand, want die mens se hulp is ydelheid."

12(60:14) In God sal ons kragtige dade doen, en Hy self sal ons vyande vertrap."

Chapter Complete

You have read Psalms 60

12 verses