1Vir die musiekleier; met snaarinstrumente; met basstem. ‘n Psalm van Dawid. (6:2) o HERE, straf my nie in u toorn nie, en kasty my nie in u grimmigheid nie."
2(6:3) Wees my genadig, HERE, want ek is verswak; maak my gesond, HERE, want my gebeente is verskrik."
3(6:4) Ja, my siel is baie verskrik; en U, HERE, tot hoe lank?"
4(6:5) Keer terug, HERE, red my siel; verlos my om u goedertierenheid ontwil."
5(6:6) Want in die dood word aan U nie gedink nie; wie sal U loof in die doderyk?"

6(6:7) Ek is moeg van my gesug; elke nag laat ek my bed swem; ek deurweek my bed met my trane."
7(6:8) My oog het dof geword van verdriet; dit het swak geword vanweë al my teëstanders."
8(6:9) Gaan weg van my, al julle werkers van ongeregtigheid, want die HERE het die stem van my geween gehoor."
9(6:10) Die HERE het my smeking gehoor; die HERE neem my gebed aan."
10(6:11) Al my vyande sal beskaamd staan en baie verskrik word; hulle sal in ‘n oomblik beskaamd omdraai."
You have read Psalms 6
10 verses