Lumina
Psalms

Deliver Me from Mine Enemies

Psalms 59·Afrikaans Bible

1Vir die musiekleier; op die wysie van: "Moenie verwoes nie." Van Dawid. ‘n Gedig, toe Saul gestuur het en hulle die huis laat bewaak het om hom dood te maak. (59:2) Red my van my vyande, o my God! Beskerm my teen my teëstanders!"

2(59:3) Red my van die werkers van ongeregtigheid, en verlos my van die manne van bloed!"

3(59:4) Want kyk, hulle lê en loer op my lewe; sterkes val my aan, sonder oortreding en sonder sonde van my kant, o HERE!"

4(59:5) Buiten my skuld hardloop hulle en maak hulle klaar. Ontwaak, my tegemoet, en kyk!"

5(59:6) Ja U, HERE, God van die leërskare, God van Israel, word wakker om oor al die heidene besoeking te doen; wees al die ongeregtige trouelose nie genadig nie! Sela."

Psalms 59 illustration - Psalms Chapter 59

6(59:7) Elke aand kom hulle terug; hulle huil soos honde en dwaal deur die stad."

7(59:8) Kyk, hulle smaal met hul mond; swaarde is op hulle lippe, want—wie sou dit hoor?"

8(59:9) Maar U, o HERE, lag oor hulle; U spot met al die heidene."

9(59:10) My Sterkte, op U wil ek wag, want God is my rotsvesting."

10(59:11) My genadige God sal my tegemoetkom; God sal my op my vyande laat neersien."

Psalms 59 illustration - Psalms Chapter 59

11(59:12) Moet hulle nie ombring nie, sodat my volk dit nie vergeet nie: laat hulle rondswerwe deur u krag, en werp hulle neer, o Here, ons Skild!"

12(59:13) Sonde van hulle mond is die woord van hulle lippe; laat hulle dan gevang word in hul trots, en vanweë die vloek en die leuen wat hulle vertel."

13(59:14) Vernietig hulle in grimmigheid, vernietig hulle, sodat hulle daar nie meer is nie; en laat hulle weet dat God heers in Jakob, tot by die eindes van die aarde! Sela."

14(59:15) En elke aand kom hulle terug; hulle huil soos honde en dwaal deur die stad."

15(59:16) Húlle swerwe rond om voedsel te soek; as hulle nie versadig word nie, vertoef hulle die hele nag."

Psalms 59 illustration - Psalms Chapter 59

16(59:17) Maar ék sal sing van u sterkte en elke môre jubel oor u goedertierenheid, want U was ‘n rotsvesting vir my en ‘n toevlug in die dag toe ek benoud was."

17(59:18) My Sterkte, tot u eer wil ek psalmsing, want God is my rotsvesting, my genadige God."

Chapter Complete

You have read Psalms 59

17 verses