Lumina
Psalms

Judge of the Earth

Psalms 58·Afrikaans Bible

1Vir die musiekleier; op die wysie van: "Moenie verwoes nie." Van Dawid. ‘n Gedig. (58:2) Spreek julle waarlik geregtigheid, o gode? Oordeel julle die mensekinders regverdig?"

2(58:3) Ja, julle bedryf ongeregtighede in die hart; julle weeg op aarde die geweld van julle hande af."

3(58:4) Afvallig is die goddelose mense van die geboorte af; die leuensprekers dwaal van die moederskoot af."

4(58:5) Hulle het gif soos die gif van ‘n slang; soos ‘n dowe adder wat sy oor toestop,"

5(58:6) wat nie luister na die stem van die besweerders, van hom wat ervare is om met towerspreuke om te gaan nie."

Psalms 58 illustration - Psalms Chapter 58

6(58:7) o God, verbreek hulle tande in hulle mond; slaan die tande van die jong leeus uit, o HERE!"

7(58:8) Laat hulle vergaan soos water wat wegloop; as hy sy pyle rig, laat hulle wees asof hulle stomp geword het."

8(58:9) Laat hulle wees soos ‘n slak wat wegsmelt so ver as hy loop, soos ‘n misgeboorte wat die son nie gesien het nie."

9(58:10) Voordat julle potte die doringtak gewaar word, sal Hy dit wegstorm, die rou vleis sowel as die vuurgloed."

10(58:11) Die regverdige sal bly wees as hy die wraak sien; hy sal sy voete was in die bloed van die goddelose."

Psalms 58 illustration - Psalms Chapter 58

11(58:12) En die mense sal sê: Gewis, daar is vrug vir die regverdige; gewis, daar is ‘n God wat op die aarde oordeel!"

Chapter Complete

You have read Psalms 58

11 verses