1Vir die musiekleier; met snaarinstrumente. n Onderwysing van Dawid. (55:2) o God, hoor my gebed en verberg U nie vir my smeking nie."
2(55:3) Luister na my en verhoor my; in my onrus dwaal ek rond en is verward,"
3(55:4) weens die geroep van die vyand, weens die geraas van die goddelose; want hulle stort onreg op my af, en in toorn behandel hulle my as vyand."
4(55:5) My hart krimp inmekaar in my binneste, en verskrikkinge van die dood het op my geval."
5(55:6) Vrees en bewing kom oor my, en angs oordek my."

6(55:7) Toe het ek gesê: Ag, had ek maar vlerke soos ‘n duif, dan sou ek wegvlieg en wegbly!"
7(55:8) Kyk, ek sou ver wegvlug; ek sou vernag in die woestyn! Sela."
8(55:9) Gou sou ek vir my ‘n skuilplek soek teen die onstuimige wind, teen die storm."
9(55:10) Verwar, Here, verdeel hulle spraak, want ek sien geweld en twis in die stad."
10(55:11) Dag en nag omring hulle dit op sy mure, en binnekant is onreg en moeite."

11(55:12) Wat onheil aanbring, is daarbinne, en verdrukking en bedrog wyk nie van sy markplein nie."
12(55:13) Want dit is geen vyand wat my smaad nie, anders sou ek dit dra; dit is nie my hater wat hom teen my groot maak nie, anders sou ek my vir hom wegsteek;"
13(55:14) maar jy, ‘n man soos ek, my vriend en my vertroude!"
14(55:15) Ons wat innig met mekaar omgegaan het, in die huis van God gewandel het met die woelige skare."
15(55:16) Laat die dood hulle oorval, laat hulle lewendig in die doderyk neerdaal; want boosheid is in hulle woning, in hulle binneste."

16(55:17) Maar ek, ek roep God aan, en die HERE sal my verlos."
17(55:18) Saans en smôrens en smiddags klaag ek en steun, en Hy hoor my stem."
18(55:19) Hy verlos my siel in vrede van die stryd teen my, want met menigtes is hulle teen my."
19(55:20) God sal hoor en hulle antwoord; ja, Hy wat op die troon sit van lankal af, Sela; omdat by hulle geen verbetering is en hulle God nie vrees nie."
20(55:21) Hy het sy hande uitgesteek teen die wat in vrede met hom geleef het; hy het sy verbond ontheilig."

21(55:22) Glad is die botterwoorde van sy mond, maar sy hart is oorlog; sy woorde is sagter as olie, maar hulle is ontblote swaarde."
22(55:23) Werp jou sorg op die HERE, en Hy sal jou onderhou; Hy sal nooit die regverdige laat wankel nie."
23(55:24) Maar U, o God, sal hulle laat neerdaal in die put van vernietiging; manne van bloed en bedrog sal hulle dae nie tot op die helfte bring nie; maar ék vertrou op U."
You have read Psalms 55
23 verses