1Vir die musiekleier; met snaarinstrumente. ‘n Onderwysing van Dawid, (54:2) toe die Sifiete gekom en aan Saul gesê het: Het Dawid hom nie by ons weggesteek nie? (54:3) o God, verlos my deur u Naam, en doen aan my reg deur u mag!"
2(54:4) o God, hoor my gebed, luister na die woorde van my mond!"
3(54:5) Want vreemdes staan teen my op, en tiranne soek my lewe; hulle stel God nie voor hul oë nie. Sela."
4(54:6) Kyk, God is my helper. Dit is die Here wat my siel ondersteun."
5(54:7) Hy sal my vyande die kwaad vergelde. Vernietig hulle in u trou!"

6(54:8) Vrywillig wil ek aan U offer; ek wil u Naam, o HERE, loof, want dié is goed;"
7(54:9) want dié het my uit alle benoudheid gered, en my oog het met welgevalle op my vyande neergesien."
You have read Psalms 54
7 verses