1Vir die musiekleier. ‘n Onderwysing van Dawid. (52:2) toe Doëg, die Edomiet, gekom het en aan Saul te kenne gegee en aan hom gesê het: Dawid het in die huis van Ahiméleg ingegaan. (52:3) Wat beroem jy jou in die kwaad, o geweldige? Die goedertierenheid van God duur die hele dag!"
2(52:4) Jou tong beraam onheil, soos ‘n geslypte skeermes, o werker van bedrog!"
3(52:5) Jy hou meer van kwaad as van goed, van die leuen meer as om geregtigheid te spreek. Sela."
4(52:6) Jy hou net van woorde wat verslind, o bedrieglike tong!"
5(52:7) So sal God jou dan ook vir ewig omverwerp, jou wegruk en jou uit die tent uitsleep; ja, Hy sal jou ontwortel uit die land van die lewendes. Sela."

6(52:8) En die regverdiges sal dit sien en vrees; en hulle sal oor hom lag en sê:"
7(52:9) Kyk, die man wat God nie tot sy toevlug gemaak het nie, maar vertrou het op die grootheid van sy rykdom, sterk was in sy begeerlikheid!"
8(52:10) Maar ek sal wees soos ‘n groen olyfboom in die huis van God; ek vertrou op die goedertierenheid van God vir ewig en altyd."
9(52:11) Vir ewig sal ek U loof, omdat U dit gedoen het; en ek sal u Naam verwag, want dié is goed, in teenwoordigheid van u gunsgenote."
You have read Psalms 52
9 verses