1Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. ‘n Psalm. (47:2) Alle volke, klap met die hande; juig tot eer van God met ‘n stem van gejubel!"
2(47:3) Want die HERE, die Allerhoogste, is gedug, ‘n groot Koning oor die hele aarde."
3(47:4) Hy bring volke onder ons en nasies onder ons voete."
4(47:5) Hy kies ons erfdeel vir ons uit, die trots van Jakob wat Hy liefhet. Sela."
5(47:6) God vaar op met gejuig, die HERE met basuingeklank."

6(47:7) Psalmsing tot eer van God, psalmsing! Psalmsing tot eer van ons Koning, psalmsing!"
7(47:8) Want God is Koning van die hele aarde; psalmsing met ‘n onderwysing."
8(47:9) God regeer oor die nasies; God sit op sy heilige troon."
9(47:10) Die edeles van die volke het vergader—’n volk van die God van Abraham; want aan God behoort die skilde van die aarde. Hoog verhewe is Hy!"
You have read Psalms 47
9 verses