1Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. Met sopraanstemme. ‘n Lied. (46:2) God is vir ons ‘n toevlug en sterkte; as hulp in benoudhede is Hy in hoë mate beproef."
2(46:3) Daarom sal ons nie vrees nie, al waggel die aarde en al wankel die berge weg in die hart van die see."
3(46:4) Laat sy waters bruis, laat hulle skuim; laat die berge bewe deur sy onstuimigheid! Sela."
4(46:5) Die stroompies van ‘n rivier maak die Godstad bly, die heiligste van die woninge van die Allerhoogste."
5(46:6) God is daar binne-in, dit sal nie wankel nie; God sal dit help as die dag aanbreek."

6(46:7) Nasies het gebruis, koninkryke het gewankel; Hy het sy stem verhef; die aarde bewe."
7(46:8) Die HERE van die leërskare is met ons; die God van Jakob is ‘n rotsvesting vir ons. Sela."
8(46:9) Kom, aanskou die dade van die HERE, wat verskriklike dinge oor die aarde bring,"
9(46:10) wat die oorloë laat ophou tot by die einde van die aarde, die boog verbreek en die spies stukkend slaan, die strydwaens met vuur verbrand."
10(46:11) Laat staan en weet dat Ek God is; Ek sal hoog wees onder die nasies, hoog op die aarde."

11(46:12) Die HERE van die leërskare is met ons; die God van Jakob is ‘n rotsvesting vir ons. Sela."
You have read Psalms 46
11 verses