Lumina
Psalms

Awake, O LORD

Psalms 44·Afrikaans Bible

1Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. ‘n Onderwysing. (44:2) o God, met ons ore het ons dit gehoor, ons vaders het ons dit vertel: ‘n werk het U gedoen in hulle dae, in die dae van die voortyd."

2(44:3) U self het met u hand nasies verdrywe, maar húlle geplant; U het volke kwaad aangedoen, hulle daarenteen laat uitspruit."

3(44:4) Want hulle het die land nie deur hul swaard in besit geneem nie, en hul arm het hulle nie die oorwinning gegee nie, maar u regterhand en u arm en die lig van u aangesig, omdat U ‘n welbehae in hulle gehad het."

4(44:5) U self is my Koning, o God! Gebied die oorwinninge van Jakob."

5(44:6) Deur U sal ons ons teëstanders omstoot; in u Naam sal ons hulle vertrap wat teen ons opstaan."

Psalms 44 illustration - Psalms Chapter 44

6(44:7) Want ek vertrou nie op my boog nie, en my swaard sal my die oorwinning nie gee nie;"

7(44:8) maar U het ons verlos van ons teëstanders en ons haters beskaamd gemaak."

8(44:9) In God roem ons die hele dag, en u Naam sal ons loof tot in ewigheid. Sela."

9(44:10) En tog het U ons verstoot en tot skande gemaak, en U trek nie saam met ons leërs uit nie."

10(44:11) U laat ons agteruitwyk vir die teëstander, en ons haters plunder na hartelus."

Psalms 44 illustration - Psalms Chapter 44

11(44:12) U gee ons oor soos slagvee, en U het ons onder die nasies verstrooi."

12(44:13) U verkoop u volk vir niks en het nie baie verdien deur hulle koopprys nie."

13(44:14) U maak ons ‘n smaad vir ons bure, ‘n spot en beskimping vir die wat rondom ons is."

14(44:15) U maak ons ‘n spreekwoord onder die nasies, ‘n hoofskudding onder die volke."

15(44:16) My skande is die hele dag voor my, en die skaamte van my aangesig oordek my;"

Psalms 44 illustration - Psalms Chapter 44

16(44:17) weens die stem van die smader en lasteraar, weens die blik van die vyand en wraakgierige."

17(44:18) Dit alles het oor ons gekom, en tog het ons U nie vergeet en nie bedrieglik gehandel teen u verbond nie."

18(44:19) Ons hart het nie agteruitgewyk nie, en ons gange het van u pad nie afgebuig nie,"

19(44:20) alhoewel U ons verbrysel het in ‘n plek van jakkalse en ons met ‘n doodskaduwee oordek."

20(44:21) As ons die Naam van onse God vergeet het en ons hande uitgebrei het na ‘n vreemde god—"

Psalms 44 illustration - Psalms Chapter 44

21(44:22) sou God dit nie naspeur nie? Want Hy ken die geheime van die hart."

22(44:23) Maar om U ontwil word ons die hele dag gedood; ons word gereken as slagskape."

23(44:24) Ontwaak! Waarom slaap U, Here? Word tog wakker! Verstoot nie vir ewig nie!"

24(44:25) Waarom verberg U u aangesig, vergeet U ons ellende en ons verdrukking?"

25(44:26) Want ons siel is in die stof neergebuig; ons buik kleef aan die aarde."

Psalms 44 illustration - Psalms Chapter 44

26(44:27) Staan op tot ons hulp en verlos ons om u goedertierenheid ontwil!"

Chapter Complete

You have read Psalms 44

26 verses