1Vir die musiekleier. ‘n Onderwysing van die kinders van Korag. (42:2) Soos ‘n hert wat smag na waterstrome, so smag my siel na U, o God!"
2(42:3) My siel dors na God, na die lewende God; wanneer sal ek ingaan en voor die aangesig van God verskyn?"
3(42:4) My trane is my spys dag en nag, omdat hulle die hele dag vir my sê: Waar is jou God?"
4(42:5) Hieraan wil ek dink en my siel uitstort in my: hoe ek gewoond was om voort te trek met die skare, hulle gelei het na die huis van God, met die stem van jubel en lof—’n feesvierende menigte!"
5(42:6) Wat buig jy jou neer, o my siel, en is onrustig in my? Hoop op God; want ek sal Hom nog loof—die verlossing van sy aangesig!"

6(42:7) o My God, my siel buig hom neer in my; daarom dink ek aan U uit die land van die Jordaan en die Hermons, van die klein gebergte af."
7(42:8) Die vloed roep na die vloed by die gedruis van u waterstrome; al u bare en u golwe het oor my heengegaan."
8(42:9) Maar die HERE sal oordag sy goedertierenheid gebied, en in die nag sal sy lied by my wees, ‘n gebed tot die God van my lewe."
9(42:10) Ek wil spreek tot God: My rots, waarom vergeet U my? Waarom gaan ek in die rou deur die vyande se verdrukking?"
10(42:11) Met ‘n doodsteek in my gebeente smaad my teëstanders my as hulle die hele dag vir my sê: Waar is jou God?"

11(42:12) Wat buig jy jou neer, o my siel, en wat is jy onrustig in my? Hoop op God, want ek sal Hom nog loof—die verlossing van my aangesig en my God!"
You have read Psalms 42
11 verses