1Vir die musiekleier; met snaarinstrumente. ‘n Psalm van Dawid. (4:2) As ek roep, verhoor my, o God van my geregtigheid! In benoudheid het U vir my ruimte gemaak; wees my genadig, en hoor my gebed!"
2(4:3) o Manne, hoe lank sal my eer tot skande wees? Hoe lank sal julle die nietigheid liefhê, die leuen soek? Sela."
3(4:4) Weet tog dat die HERE vir Hom ‘n gunsgenoot afgesonder het; die HERE hoor as ek Hom aanroep."
4(4:5) Sidder, en moenie sondig nie; spreek in julle hart op julle bed, en wees stil. Sela."
5(4:6) Offer offerandes van geregtigheid en vertrou op die HERE."

6(4:7) Baie sê: Wie sal ons die goeie laat sien? Verhef oor ons die lig van u aangesig, o HERE!"
7(4:8) Groter vreugde het U in my hart gegee as wanneer hulle koring en hulle mos oorvloedig is."
8(4:9) Ek wil in vrede gaan lê en meteens aan die slaap raak; want U, o HERE, alleen laat my in veiligheid woon."
You have read Psalms 4
8 verses