1Vir die musiekleier; vir Jedútun. ‘n Psalm van Dawid. (39:2) Ek het gesê: Ek wil my weë bewaar, sodat ek nie sondig met my tong nie; ek wil my mond in toom hou solank as die goddelose nog voor my is."
2(39:3) Ek was stom in stilte, ek het geswyg, ver van die goeie af; maar my smart is aangewakker."
3(39:4) My hart het warm geword in my binneste; ‘n vuur het ontvlam by my gesug; ek het gespreek met my tong:"
4(39:5) HERE, maak my einde aan my bekend en wat die maat van my dae is; laat my weet hoe verganklik ek is."
5(39:6) Kyk, U het my dae ‘n paar handbreedtes gemaak, en my leeftyd is soos niks voor U nie; ja, as pure nietigheid staan elke mens daar! Sela."

6(39:7) Waarlik, die mens wandel as skadubeeld rond; ja, hulle woel verniet; hulle stapel op en weet nie wie dit sal insamel nie."
7(39:8) En nou, wat verwag ek, o Here? My hoop is op U."
8(39:9) Red my van al my oortredinge; maak my nie ‘n smaad van die dwaas nie."
9(39:10) Ek is stom, ek sal my mond nie oopmaak nie; want U het dit gedoen."
10(39:11) Neem u plaag van my weg; ek vergaan vanweë die bestryding van u hand."

11(39:12) Tugtig U die mens met strawwe oor die ongeregtigheid, dan laat U sy skoonheid vergaan soos deur ‘n mot; ja, elke mens is ‘n asemtog! Sela."
12(39:13) Hoor, HERE, my gebed, en luister na my hulpgeroep; swyg nie by my trane nie; want ek is ‘n vreemdeling by U, ‘n bywoner soos al my vaders."
13(39:14) Wend u oog van my af, dat ek vrolik kan word voordat ek heengaan en daar nie meer is nie."
You have read Psalms 39
13 verses