Lumina
Psalms

Taste and See

Psalms 34·Afrikaans Bible

1‘n Psalm van Dawid, toe hy hom kranksinnig gehou het voor Abiméleg en dié hom weggejaag het, sodat hy heengegaan het. (34:2) Alef. Ek wil die HERE altyd loof; sy lof sal altyddeur in my mond wees."

2(34:3) Bet. My siel sal hom beroem in die HERE; die ootmoediges sal dit hoor en bly wees."

3(34:4) Gimel. Maak die HERE saam met my groot, en laat ons saam sy Naam verhef!"

4(34:5) Dalet. Ek het die HERE gesoek, en Hy het my geantwoord en my uit al my vrees gered."

5(34:6) He. Hulle het Hom aangesien en gestraal van vreugde, en hulle aangesig hoef nie rooi van skaamte te word nie."

Psalms 34 illustration - Psalms Chapter 34

6(34:7) Sajin. Hierdie ellendige het geroep, en die HERE het gehoor, en Hy het hom uit al sy benoudhede verlos."

7(34:8) Get. Die Engel van die HERE trek ‘n laer rondom die wat Hom vrees, en red hulle uit."

8(34:9) Tet. Smaak en sien dat die HERE goed is; welgeluksalig is die man wat by Hom skuil!"

9(34:10) Jod. Vrees die HERE, o sy heiliges, want die wat Hom vrees, het geen gebrek nie."

10(34:11) Kaf. Die jong leeus ly armoede en het honger; maar die wat die HERE soek, het geen gebrek aan enigiets nie."

Psalms 34 illustration - Psalms Chapter 34

11(34:12) Lamed. Kom, kinders, luister na my; ek wil julle die vrees van die HERE leer."

12(34:13) Mem. Wie is die man wat lus het in die lewe, wat dae liefhet om die goeie te sien?"

13(34:14) Noen. Bewaar jou tong vir wat verkeerd is, en jou lippe dat hulle nie bedrog spreek nie."

14(34:15) Samek. Wyk af van wat verkeerd is, en doen wat goed is; soek die vrede en jaag dit na."

15(34:16) Ajin. Die oë van die HERE is op die regverdiges, en sy ore tot hulle hulpgeroep."

Psalms 34 illustration - Psalms Chapter 34

16(34:17) Pe. Die aangesig van die HERE is teen die kwaaddoeners, om hulle gedagtenis van die aarde af uit te roei."

17(34:18) Sade. Hulle roep, en die HERE hoor, en Hy red hulle uit al hul benoudhede."

18(34:19) Kof. Die HERE is naby die wat gebroke is van hart, en Hy verlos die wat verslae is van gees."

19(34:20) Resj. Menigvuldig is die teëspoede van die regverdige, maar uit dié almal red die HERE hom."

20(34:21) Sjin. Hy bewaar al sy bene: nie een daarvan word gebreek nie."

Psalms 34 illustration - Psalms Chapter 34

21(34:22) Tau. Die onheil maak die goddelose dood; en die wat die regverdige haat, moet daarvoor boet."

22(34:23) Die HERE verlos die siel van sy knegte; en almal wat by Hom skuil, hoef nie te boet nie."

Chapter Complete

You have read Psalms 34

22 verses