Lumina
Psalms

Joy Comes in the Morning

Psalms 30·Afrikaans Bible

1‘n Psalm, ‘n lied by die inwyding van die Huis. Van Dawid. (30:2) Ek sal U verhoog, HERE, want U het my opgetrek en my vyande oor my nie laat bly wees nie."

2(30:3) HERE, my God, ek het U aangeroep om hulp, en U het my gesond gemaak."

3(30:4) HERE, U het my siel uit die doderyk laat opkom; U het my lewend gemaak uit die wat in die kuil neerdaal."

4(30:5) Psalmsing tot eer van die HERE, o sy gunsgenote, en loof sy heilige gedenknaam;"

5(30:6) want ‘n oomblik is daar in sy toorn, ‘n lewe in sy goedgunstigheid; saans vernag die geween, maar smôrens is daar gejuig."

Psalms 30 illustration - Psalms Chapter 30

6(30:7) Ek het wel in my sorgeloosheid gesê: Ek sal vir ewig nie wankel nie."

7(30:8) HERE, U het my berg deur u welbehae sterk laat staan. U het u aangesig verberg—ek het verskrik geword!"

8(30:9) Ek het U aangeroep, HERE, en ek het die HERE gesmeek:"

9(30:10) Watter voordeel is daar in my bloed as ek neerdaal in die kuil? Sal die stof U loof? Sal dit u trou verkondig?"

10(30:11) Hoor, HERE, en wees my genadig! HERE, wees my ‘n helper!"

Psalms 30 illustration - Psalms Chapter 30

11(30:12) U het my weeklag vir my verander in ‘n koordans, U het my roukleed losgemaak en my met vreugde omgord;"

12(30:13) sodat my eer U kan besing en nie swyg nie. HERE, my God, vir ewig sal ek U loof."

Chapter Complete

You have read Psalms 30

12 verses