1‘n Psalm van Dawid toe hy gevlug het vir sy seun Absalom. (3:2) o HERE, hoe het my teëstanders vermenigvuldig! Baie staan teen my op."
2(3:3) Baie sê van my: Daar is geen heil vir hom by God nie. Sela."
3(3:4) Maar U, HERE, is ‘n skild wat my beskut, my eer en die Een wat my hoof ophef."
4(3:5) Luid roep ek die HERE aan, en Hy verhoor my van sy heilige berg. Sela."
5(3:6) Ek het gaan lê en aan die slaap mag raak; ek het wakker geword, want die HERE ondersteun my."

6(3:7) Ek sal nie vrees vir tien duisende van mense wat rondom teen my gereed staan nie."
7(3:8) Staan op, HERE; verlos my, my God! Want U het al my vyande op die kakebeen geslaan; U het die tande van die goddelose stukkend gebreek."
8(3:9) Die heil behoort aan die HERE; laat u seën wees oor u volk! Sela."
You have read Psalms 3
8 verses