Lumina
Psalms

Joy in Salvation

Psalms 21·Afrikaans Bible

1Vir die musiekleier. ‘n Psalm van Dawid. (21:2) o HERE, die koning is bly oor u sterkte, en hoe baie juig hy oor u hulp!"

2(21:3) U het hom die wens van sy hart gegee en die begeerte van sy lippe nie geweier nie. Sela."

3(21:4) Want U kom hom tegemoet met seëninge van die goeie; op sy hoof sit U ‘n kroon van fyn goud."

4(21:5) Die lewe het hy van U begeer; U het hom dit gegee: lengte van dae, vir ewig en altyd."

5(21:6) Groot is sy eer deur u hulp; majesteit en heerlikheid het U op hom gelê."

Psalms 21 illustration - Psalms Chapter 21

6(21:7) Want U maak hom baie geseënd vir ewig; U maak hom bly met vreugde by u aangesig."

7(21:8) Want die koning vertrou op die HERE, en deur die goedertierenheid van die Allerhoogste sal hy nie wankel nie."

8(21:9) U hand sal al u vyande vind; u regterhand sal u haters vind."

9(21:10) U sal hulle maak soos ‘n vurige oond as U verskyn; die HERE sal hulle verslind in sy toorn, en vuur sal hulle verteer."

10(21:11) U sal hulle vrug van die aarde af verdelg en hulle nageslag van die mensekinders af weg."

Psalms 21 illustration - Psalms Chapter 21

11(21:12) Want hulle het U met onheil bedreig; hulle het ‘n listige plan uitgedink sonder om iets uit te rig."

12(21:13) Want U sal hulle dwing om te vlug; met u boogsnare sal u mik op hulle gesig."

13(21:14) Verhef U, HERE, in u sterkte; ons wil u heldekrag eer met psalmgesang!"

Chapter Complete

You have read Psalms 21

13 verses