Lumina
Psalms

Prayer for the King

Psalms 20·Afrikaans Bible

1Vir die musiekleier. ‘n Psalm van Dawid. (20:2) Mag die HERE u verhoor in die dag van benoudheid! Mag die Naam van die God van Jakob u beskerm!"

2(20:3) Mag Hy u hulp stuur uit die heiligdom en u ondersteun uit Sion!"

3(20:4) Mag Hy dink aan al u spysoffers en u brandoffer met welgevalle aansien! Sela."

4(20:5) Mag Hy u gee na u hart en al u voornemens vervul!"

5(20:6) Ons wil juig oor u oorwinning en die vaandels opsteek in die Naam van onse God. Mag die HERE al u begeertes vervul!"

Psalms 20 illustration - Psalms Chapter 20

6(20:7) Nou weet ek dat die HERE sy gesalfde verlos; Hy sal hom verhoor uit sy heilige hemel met magtige dade van verlossing van sy regterhand."

7(20:8) Sommige roem op strydwaens en ander op perde, maar óns sal roem op die Naam van die HERE onse God."

8(20:9) Húlle het inmekaargesak en geval, maar óns het opgestaan en ons weer opgerig."

9(20:10) HERE, verlos die koning! Mag Hy ons verhoor op die dag as ons roep!"

Chapter Complete

You have read Psalms 20

9 verses