1Vir die musiekleier. ‘n Psalm van Dawid. (19:2) Die hemele vertel die eer van God, en die uitspansel verkondig die werk van sy hande."
2(19:3) Die een dag stort vir die ander ‘n boodskap uit, en die een nag kondig vir die ander kennis aan:"
3(19:4) daar is geen spraak en daar is geen woorde nie—onhoorbaar is hulle stem."
4(19:5) Hulle meetsnoer gaan uit oor die hele aarde, en hulle woorde tot by die einde van die wêreld. Vir die son het Hy daarin ‘n tent gemaak;"
5(19:6) en dié is soos ‘n bruidegom wat uitgaan uit sy slaapkamer; hy is bly soos ‘n held om die pad te loop."

6(19:7) Sy uitgang is van die einde van die hemel af, en sy omloop tot by die eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie."
7(19:8) Die wet van die HERE is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die HERE is gewis: dit gee wysheid aan die eenvoudige."
8(19:9) Die bevele van die HERE is reg: hulle verbly die hart; die gebod van die HERE is suiwer: dit verlig die oë."
9(19:10) Die vrees van die HERE is rein: dit bestaan tot in ewigheid; die verordeninge van die HERE is waarheid—tesame is hulle regverdig."
10(19:11) Hulle is begeerliker as goud, ja, as baie fyn goud; en soeter as heuning en heuningstroop."

11(19:12) Ook word u kneg daardeur gewaarsku; in die onderhouding daarvan is groot loon."
12(19:13) Die afdwalinge—wie bemerk hulle? Spreek my vry van die wat verborge is."
13(19:14) Hou u kneg ook terug van moedswillige sondes; laat dit nie oor my heers nie. Dan sal ek onbestraflik wees en vry van groot oortreding."
14(19:15) Laat die woorde van my mond en die oordenking van my hart welbehaaglik wees voor u aangesig, o HERE, my rots en my verlosser!"
You have read Psalms 19
14 verses