Lumina
Psalms

The LORD My Portion

Psalms 16·Afrikaans Bible

1‘n Gedig van Dawid. Bewaar my, o God, want by U skuil ek."

2Ek het tot die HERE gesê: U is my Here; vir my is daar geen goed bo U nie."

3Maar aangaande die heiliges wat op die aarde is, sê ek: Hulle is die heerlikes in wie al my behae is."

4Die smarte van hulle wat ‘n ander god met gawes vereer, sal menigvuldig wees; ek sal hulle drankoffers van bloed nie uitgiet en hulle name op my lippe nie neem nie."

5Die HERE is die deel van my erfenis en van my beker; U onderhou my lot."

Psalms 16 illustration - Psalms Chapter 16

6Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval, ja, my erfenis is vir my mooi."

7Ek sal die HERE loof wat my raad gegee het; selfs in die nag vermaan my niere my."

8Ek stel die HERE altyddeur voor my; omdat Hy aan my regterhand is, sal ek nie wankel nie."

9Daarom is my hart bly en my eer juig; ook sal my vlees in veiligheid woon;"

10want U sal my siel aan die doderyk nie oorgee nie; U sal nie toelaat dat u gunsgenoot verderwing sien nie."

Psalms 16 illustration - Psalms Chapter 16

11U sal my die pad van die lewe bekend maak; versadiging van vreugde is voor u aangesig, lieflikhede in u regterhand, vir ewig."

Chapter Complete

You have read Psalms 16

11 verses