Lumina
Psalms

I Cried Unto the LORD

Psalms 142·Afrikaans Bible

1‘n Onderwysing van Dawid, toe hy in die spelonk was. ‘n Gebed. (142:2) Hardop roep ek die HERE aan, hardop smeek ek die HERE."

2(142:3) Ek stort my klagte uit voor sy aangesig; ek maak voor sy aangesig my nood bekend."

3(142:4) As my gees in my versmag, dan ken U my pad. Op die pad wat ek moet gaan, het hulle ‘n vangnet vir my gespan."

4(142:5) Ek sien uit na regs en kyk, maar daar is niemand wat my ken nie; die toevlug is vir my verlore; niemand vra na my nie."

5(142:6) Ek roep U aan, o HERE! Ek sê: U is my skuilplek, my deel in die land van die lewendes."

Psalms 142 illustration - Psalms Chapter 142

6(142:7) Luister na my smeking, want ek is baie swak; red my van my vervolgers, want hulle is vir my te sterk."

7(142:8) Lei my siel uit die gevangenis om u Naam te loof. Die regverdiges sal my omring as U aan my goed doen."

Chapter Complete

You have read Psalms 142

7 verses