Lumina
Psalms

Deliver Me, O LORD

Psalms 140·Afrikaans Bible

1Vir die musiekleier. ‘n Psalm van Dawid. (140:2) Red my, HERE, van die kwaaddoeners, bewaar my vir die manne van geweld;"

2(140:3) wat slegte dinge in die hart bedink, wat elke dag stryd verwek."

3(140:4) Hulle maak hul tong skerp soos ‘n slang; gif van ‘n adder is onder hulle lippe. Sela."

4(140:5) Bewaar my, HERE, vir die hande van die goddelose; behoed my vir die manne van geweld wat planne beraam om my voete weg te stoot."

5(140:6) Trotsaards het vir my ‘n vangnet gespan en toue; hulle het ‘n net uitgespan aan die kant van die pad; strikke het hulle vir my gestel. Sela."

Psalms 140 illustration - Psalms Chapter 140

6(140:7) Ek het tot die HERE gesê: U is my God; luister tog, HERE, na die stem van my smekinge!"

7(140:8) HERE Here, Sterkte van my heil, U beskut my hoof in die dag van stryd!"

8(140:9) HERE, gee tog nie die begeertes van die goddelose nie; laat sy listige plan nie geluk, sodat hulle hul verhef nie. Sela."

9(140:10) Wat betref die hoof van die wat my omring—laat die onheil van hulle lippe hulle oordek."

10(140:11) Laat vurige kole op hulle afgegooi word; mag Hy hulle laat val in die vuur, in kuile, sodat hulle nie weer opstaan nie!"

Psalms 140 illustration - Psalms Chapter 140

11(140:12) Laat die kwaadspreker nie op aarde bevestig word nie; die man van geweld—laat die ongeluk hom jaag met slag op slag."

12(140:13) Ek weet dat die HERE die regsaak van die ellendige, die reg van die behoeftiges sal behartig."

13(140:14) Sekerlik, die regverdiges sal u Naam loof, die opregtes sal voor u aangesig woon."

Chapter Complete

You have read Psalms 140

13 verses