1‘n Psalm van Dawid. Ek sal U loof met my hele hart; in die teenwoordigheid van die gode sal ek psalmsing tot u eer."
2Ek sal my neerbuig na u heilige paleis en u Naam loof, om u goedertierenheid en om u trou ontwil; want U het vanweë u ganse Naam u toesegging groot gemaak."
3Die dag toe ek geroep het, het U my verhoor, my moedig gemaak met krag in my siel."
4Al die konings van die aarde sal U loof, o HERE, as hulle gehoor het die woorde van u mond;"
5en hulle sal sing van die weë van die HERE, want die heerlikheid van die HERE is groot."

6Want die HERE is verhewe; nogtans sien Hy die nederige aan, en die hoogmoedige ken Hy uit die verte."
7As ek te midde van benoudheid wandel, behou U my in die lewe; U steek u hand uit teen die toorn van my vyande, en u regterhand verlos my."
8Die HERE sal dit vir my voleindig! U goedertierenheid, HERE, is tot in ewigheid: laat nie vaar die werke van u hande nie!"
You have read Psalms 138
8 verses