Lumina
Psalms

Out of the Depths

Psalms 130·Afrikaans Bible

1‘n Bedevaartslied. Uit die dieptes roep ek U aan, o HERE!"

2Here, hoor na my stem; laat u ore luister na die stem van my smekinge."

3As U, HERE, die ongeregtighede in gedagtenis hou, Here, wie sal bestaan?"

4Maar by U is vergewing, dat U gevrees mag word."

5Ek wag op die HERE; my siel wag, en ek hoop op sy woord."

Psalms 130 illustration - Psalms Chapter 130

6My siel wag op die Here meer as wagters op die môre, wagters op die môre."

7Wag op die HERE, o Israel! want by die HERE is die goedertierenheid, en by Hom is daar veel verlossing;"

8en Hy self sal Israel verlos van al sy ongeregtighede."

Chapter Complete

You have read Psalms 130

8 verses