Lumina
Psalms

When the LORD Turned Again

Psalms 126·Afrikaans Bible

1‘n Bedevaartslied. Toe die HERE die lot van Sion verander het, was ons soos die wat droom."

2Toe is ons mond gevul met gelag en ons tong met gejubel; toe het hulle onder die heidene gesê: Die HERE het groot dinge aan hierdie mense gedoen."

3Die HERE het groot dinge aan ons gedoen: ons was bly!"

4o HERE, verander ons lot soos waterstrome in die Suidland."

5Die wat met trane saai, sal met gejubel maai."

Psalms 126 illustration - Psalms Chapter 126

6Hy loop aldeur en ween en dra die saadkoring; hy sal sekerlik kom met gejubel en sy gerwe dra."

Chapter Complete

You have read Psalms 126

6 verses