1Vir die musiekleier; met basstem. ‘n Psalm van Dawid. (12:2) Red, o Here, want daar is geen vrome meer nie; want die getroues het verdwyn onder die mensekinders."
2(12:3) Hulle praat leuens, die een met die ander; met vleiende lippe spreek hulle dubbelhartig."
3(12:4) Mag die HERE al die vleiende lippe uitroei, die tong wat grootpraat,"
4(12:5) hulle wat sê: Met ons tong is ons sterk; ons lippe is met ons! Wie is heer oor ons?"
5(12:6) Oor die verdrukking van die ellendiges, oor die gesug van die behoeftiges sal Ek nou opstaan, sê die HERE; Ek sal hom in veiligheid stel wat daarna smag."

6(12:7) Die woorde van die HERE is rein woorde, silwer wat gelouter is in ‘n smeltkroes in die aarde, gesuiwer sewe maal."
7(12:8) U, o HERE, sal hulle bewaar; U sal ons bewaar van hierdie geslag vir ewig."
8(12:9) Die goddelose draf rond as laagheid die oorhand kry by die mensekinders."
You have read Psalms 12
8 verses