1Alef. Welgeluksalig is die opregtes van weg, wat in die wet van die HERE wandel."
2Welgeluksalig is die wat sy getuienisse bewaar, Hom van ganser harte soek;"
3ook geen ongeregtigheid doen nie, maar in sy weë wandel."
4U het u bevele gegee om dit trou te onderhou."
5Ag, was my weë maar vas om u insettinge te onderhou!"

6Dan sal ek nie beskaamd staan as ek op al u gebooie let nie."
7Ek sal U loof in opregtheid van hart as ek u regverdige verordeninge leer."
8Ek sal u insettinge onderhou; verlaat my nie geheel en al nie."
9Bet. Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou? Deur dit te hou na u woord."
10Ek soek U met my hele hart; laat my nie afdwaal van u gebooie nie."

11Ek het u woord in my hart gebêre, dat ek teen U nie sal sondig nie."
12Lofwaardig is U, o HERE! Leer my u insettinge!"
13Ek het met my lippe vertel al die verordeninge van u mond."
14Ek is vrolik in die weg van u getuienisse soos oor allerhande rykdom."
15Ek wil u bevele oordink en op u paaie let."

16Ek sal my verlustig in u insettinge, u woord sal ek nie vergeet nie."
17Gimel. Doen goed aan u kneg, sodat ek kan lewe; dan wil ek u woord bewaar."
18Open my oë, dat ek kan sien die wonders uit u wet."
19Ek is ‘n vreemdeling op die aarde; verberg u gebooie nie vir my nie."
20My siel vergaan van verlange na u verordeninge altyddeur."

21U dreig die vermeteles as gevloektes wat van u gebooie afdwaal."
22Wentel smaad en veragting van my af, want u getuienisse het ek bewaar."
23Al sit vorste en beraadslaag teen my—u kneg oordink u insettinge."
24Ja, u getuienisse is my verlustiging, my raadsmanne."
25Dalet. My siel kleef aan die stof; maak my lewend na u woord."

26My weë het ek vertel, en U het my verhoor; leer my u insettinge!"
27Laat my die weg van u bevele verstaan, dat ek u wonders kan oordink."
28My siel drup weg van kommer; rig my op na u woord."
29Verwyder van my die weg van leuens, en verleen my genadiglik u wet."
30Ek het die weg van waarheid verkies; u verordeninge het ek voor my gestel."

31Ek kleef u getuienisse aan; o HERE, maak my nie beskaamd nie!"
32Ek sal op die weg van u gebooie wandel, want U verruim my hart."
33He. HERE, leer my die weg van u insettinge, sodat ek dit tot die einde toe kan bewaar."
34Gee my verstand, dat ek u wet kan bewaar, ja, dit kan onderhou van ganser harte."
35Laat my wandel op die pad van u gebooie, want daarin het ek ‘n behae."

36Neig my hart tot u getuienisse en nie tot winsbejag nie."
37Wend my oë af, dat hulle geen nietigheid sien nie; maak my lewend in u weë."
38Vervul aan u kneg u belofte wat pas by u vrees."
39Wend my smaadheid af wat ek vrees, want u verordeninge is goed."
40Gewis, ek het ‘n begeerte tot u bevele; maak my lewend deur u geregtigheid."

41Wau. En laat u goedertierenhede oor my kom, o HERE, u heil volgens u belofte,"
42sodat ek my smader iets kan antwoord, want ek vertrou op u woord."
43En onttrek die woord van waarheid nie geheel en al aan my mond nie, want op u verordeninge wag ek."
44Dan wil ek u wet altyddeur onderhou, vir ewig en altyd,"
45en in die ruimte wandel, want ek soek u bevele."

46Ook wil ek voor konings van u getuienisse spreek en my nie skaam nie."
47En ek wil my verlustig in u gebooie wat ek liefhet,"
48en my hande ophef na u gebooie wat ek liefhet, en u insettinge oordink."
49Sajin. Gedenk die woord aan u kneg, omdat U my laat hoop het."
50Dit is my troos in my ellende, dat u belofte my lewend maak."

51Vermeteles het baie met my gespot; van u wet het ek nie afgewyk nie."
52Ek het gedink, o HERE, aan u oordele van ouds, en ek het my getroos."
53Toorngloed het my aangegryp vanweë die goddelose wat u wet verlaat."
54U insettinge was gesange vir my in die huis van my vreemdelingskap."
55HERE, in die nag het ek gedink aan u Naam, en ek het u wet onderhou."

56Dit het my deel geword, omdat ek u bevele bewaar het."
57Get. Die HERE is my deel; ek het gesê dat ek u woorde sal bewaar."
58Ek het U van ganser harte om genade gesmeek; wees my genadig volgens u belofte."
59Ek het my weë oordink en my voete laat teruggaan na u getuienisse."
60Ek het my gehaas, en nie getalm nie, om u gebooie te onderhou."

61Die strikke van die goddelose het my omring; u wet het ek nie vergeet nie."
62Middernag staan ek op om U te loof vir u regverdige verordeninge."
63Ek is ‘n metgesel van almal wat U vrees, en van die wat u bevele onderhou."
64HERE, die aarde is vol van u goedertierenheid; leer my u insettinge."
65Tet. U het goed gedoen aan u kneg, HERE, na u woord."

66Leer my ‘n goeie insig en kennis, want ek glo aan u gebooie."
67Voordat ek verdruk was, het ek gedwaal; maar nou onderhou ek u woord."
68U is goed en doen goed; leer my u insettinge."
69Vermeteles het my leuens toegedig; maar ék bewaar van ganser harte u bevele."
70Hulle hart is ongevoelig soos vet; maar ék verlustig my in u wet."

71Dit is goed vir my dat ek verdruk was, sodat ek u insettinge sou leer."
72Die wet van u mond is vir my beter as duisende stukke goud en silwer."
73Jod. U hande het my gemaak en my toeberei; maak my verstandig, dat ek u gebooie kan leer."
74Die wat U vrees, sien my, en hulle is bly; want op u woord wag ek."
75Ek weet, HERE, dat u oordele regverdig is en dat U my uit getrouheid verdruk het."

76Laat tog u goedertierenheid wees om my te troos volgens u belofte aan u kneg."
77Laat u barmhartighede oor my kom, dat ek kan lewe; want u wet is my verlustiging."
78Laat die vermeteles beskaamd staan, omdat hulle sonder oorsaak my onregverdig behandel het; maar ék oordink u bevele."
79Laat die wat U vrees, na my terugkeer, en die wat u getuienisse ken."
80Laat my hart opreg wees in u insettinge, sodat ek nie beskaamd hoef te staan nie."

81Kaf. My siel smag na u heil; op u woord wag ek."
82My oë smag na u belofte en sê: Wanneer sal U my vertroos?"
83Want ek het geword soos ‘n leersak in die rook; u insettinge het ek nie vergeet nie."
84Hoeveel sal die dae van u kneg wees? Wanneer sal U gerig oefen onder my vervolgers?"
85Vermeteles het vir my kuile gegrawe, hulle wat nie lewe na u wet nie."

86Al u gebooie is waarheid; hulle vervolg my sonder oorsaak; help my!"
87Hulle het my amper vernietig op die aarde; maar ék het u bevele nie verlaat nie."
88Maak my lewend na u goedertierenheid, dat ek die getuienis van u mond kan onderhou."
89Lamed. Vir ewig, o HERE, staan u woord vas in die hemele."
90U trou is van geslag tot geslag; U het die aarde bevestig, en dit bly staan."

91Volgens u verordeninge bly hulle vandag nog staan, want alle dinge is u knegte."
92As u wet nie my verlustiging was nie, dan het ek omgekom in my ellende."
93Ek sal u bevele tot in ewigheid nie vergeet nie, want deur hulle het U my lewend gemaak."
94Aan U behoort ek: verlos my, want ek soek u bevele."
95Die goddelose lê en wag op my, om my om te bring; ek gee ag op u getuienisse."

96Aan alle volmaaktheid het ek ‘n einde gesien, maar u gebod is baie wyd."
97Mem. Hoe lief het ek u wet; dit is my bepeinsing die hele dag."
98U gebooie maak my wyser as my vyande, want hulle is myne vir ewig."
99Ek is verstandiger as al my leermeesters, want u getuienisse is my bepeinsing."
100Ek het meer verstand as die ou mense, want ek bewaar u bevele."

101Ek het my voete teruggehou van elke verkeerde pad, dat ek u woord kan bewaar."
102Ek het van u verordeninge nie afgewyk nie, want U het my geleer."
103Hoe soet is u beloftes vir my verhemelte, meer as heuning vir my mond."
104Uit u bevele kry ek verstand; daarom haat ek elke leuenpad."
105Noen. U woord is ‘n lamp vir my voet en ‘n lig vir my pad."

106Ek het gesweer, en dit gehou, om u regverdige verordeninge te onderhou."
107Ek is baie diep neergedruk; HERE, maak my lewend na u woord!"
108Laat tog die vrywillige offerandes van my mond U behaag, o HERE, en leer my u verordeninge."
109My lewe is altyddeur in my hand; nogtans vergeet ek u wet nie."
110Die goddelose het vir my ‘n vangnet gespan; nogtans het ek van u bevele nie afgedwaal nie."

111Ek het u getuienisse vir ewig as erfdeel ontvang, want hulle is die vreugde van my hart."
112Ek het my hart geneig, om u insettinge te betrag, vir ewig, tot die einde toe."
113Samek. Twyfelaars haat ek, maar u wet het ek lief."
114U is my skuilplek en my skild; op u woord wag ek."
115Gaan weg van my, kwaaddoeners, dat ek die gebooie van my God kan bewaar!"

116Ondersteun my volgens u belofte, dat ek kan lewe; en maak my nie beskaamd vanweë my hoop nie."
117Steun my, dat ek verlos word; dan sal ek altyddeur op u insettinge let."
118U verag almal wat van u insettinge afdwaal, want hulle bedrieëry is leuens."
119U ruim al die goddelose van die aarde weg soos skuim; daarom het ek u getuienisse lief."
120My vlees sidder van skrik vir U, en ek vrees vir u oordele."

121Ajin. Ek het reg en geregtigheid gedoen: gee my nie oor aan my verdrukkers nie."
122Wees borg vir u kneg ten goede; laat vermeteles my nie verdruk nie."
123My oë smag na u heil en na die belofte van u geregtigheid."
124Handel met u kneg na u goedertierenheid, en leer my u insettinge."
125Ek is u kneg; maak my verstandig, dat ek u getuienisse kan ken."

126Dit is tyd vir die HERE om te handel: hulle het u wet verbreek."
127Daarom het ek u gebooie lief, meer as goud, ja, as baie fyn goud."
128Daarom hou ek al die bevele aangaande alles vir reg; elke leuenpad haat ek."
129Pe. U getuienisse is wonderbaar; daarom bewaar my siel hulle."
130Die opening van u woorde gee lig; dit maak die eenvoudiges verstandig."

131Ek maak my mond wyd oop en hyg, want na u gebooie verlang ek."
132Wend U tot my en wees my genadig volgens die reg van die wat u Naam liefhet."
133Maak my voetstappe vas in u woord, en laat geen ongeregtigheid oor my heers nie."
134Verlos my van die mens se verdrukking, sodat ek u bevele kan onderhou."
135Laat u aangesig skyn oor u kneg, en leer my u insettinge."

136My oë loop af in strome van water, omdat hulle u wet nie onderhou nie."
137Sade. HERE, U is regverdig, en reg is u verordeninge."
138In geregtigheid het U u getuienisse beveel en in louter trou."
139My ywer verteer my, omdat my teëstanders u woorde vergeet het."
140U woord is deur en deur gelouter, en u kneg het dit lief."

141Ek is klein en verag, maar u bevele vergeet ek nie."
142U geregtigheid is geregtigheid tot in ewigheid, en u wet is waarheid."
143Benoudheid en angs het my getref, maar u gebooie is my verlustiging."
144U getuienisse is geregtigheid tot in ewigheid; maak my verstandig, dat ek kan lewe."
145Kof. Ek het geroep van ganser harte; verhoor my, o HERE! Ek wil u insettinge bewaar."

146Ek het U aangeroep; verlos my, dat ek u getuienisse kan onderhou."
147Voor die môreskemering roep ek om hulp; op u woord wag ek."
148My oë is die nagwake voor om u woord te oordink."
149Hoor my stem na u goedertierenheid; o HERE, maak my lewend volgens u verordeninge."
150Hulle kom nader wat skandelike dade najaag, hulle wat ver van u wet af is."

151U, o HERE, is naby, en al u gebooie is waarheid."
152Lankal het ek geweet uit u getuienisse dat U hulle vir ewig gegrond het."
153Resj. Sien my ellende aan en red my, want u wet vergeet ek nie."
154Verdedig my regsaak en verlos my; maak my lewend volgens u belofte."
155Die heil is ver van die goddelose, want hulle soek u insettinge nie."

156HERE, u barmhartighede is menigvuldig; maak my lewend volgens u verordeninge."
157My vervolgers en my teëstanders is talryk; van u getuienisse wyk ek nie af nie."
158Ek het diegene gesien wat troueloos handel, en dit het my gewalg dat hulle u woord nie onderhou nie."
159Aanskou dat ek u bevele liefhet; o HERE, maak my lewend na u goedertierenheid."
160Die hele inhoud van u woord is waarheid, en al u regverdige verordeninge is tot in ewigheid."

161Sin, Sjin. Vorste het my sonder oorsaak vervolg, maar my hart vrees vir u woord."
162Ek is vrolik oor u belofte soos een wat ‘n groot buit vind."
163Leuens haat ek en het daar ‘n afsku van; u wet het ek lief."
164Ek loof u sewe maal elke dag oor u regverdige verordeninge."
165Die wat u wet liefhet, het groot vrede, en vir hulle is daar geen struikelblok nie."

166o HERE, ek hoop op u heil, en ek hou u gebooie."
167My siel onderhou u getuienisse, en ek het hulle baie lief."
168Ek onderhou u bevele en u getuienisse, want al my weë is voor U."
169Tau. o HERE, laat my smeking nader kom voor u aangesig; maak my verstandig volgens u woord."
170Laat my smeking voor u aangesig kom; red my volgens u belofte."

171My lippe sal lofsange laat uitstroom, want U leer my u insettinge."
172My tong sal u woord besing, want al u gebooie is geregtigheid."
173Laat u hand my tot hulp wees, want ek het u bevele verkies."
174o HERE, ek verlang na u heil, en u wet is my verlustiging."
175Laat my siel lewe, dat dit U kan loof; en laat u gerigte my help."

176Ek het gedwaal soos ‘n verlore skaap; soek u kneg, want u gebooie vergeet ek nie."
You have read Psalms 119
176 verses