Lumina
Psalms

When Israel Went Out of Egypt

Psalms 114·Afrikaans Bible

1Toe Israel uit Egipte getrek het, die huis van Jakob uit ‘n volk met ‘n vreemde taal,"

2het Juda sy heiligdom geword, Israel sy ryksgebied."

3Die see het dit gesien en gevlug; die Jordaan het agteruitgewyk."

4Die berge het rondgespring soos ramme, die heuwels soos lammers."

5Wat is dit met jou, o see, dat jy vlug? o Jordaan, dat jy agteruitwyk?"

Psalms 114 illustration - Psalms Chapter 114

6o Berge, dat julle rondspring soos ramme? o Heuwels, soos lammers?"

7Beef, aarde, voor die aangesig van die HERE, voor die aangesig van die God van Jakob,"

8wat die rots verander het in ‘n waterplas, die keisteen in ‘n waterfontein!"

Chapter Complete

You have read Psalms 114

8 verses