Lumina
Psalms

From the Rising of the Sun

Psalms 113·Afrikaans Bible

1Halleluja! Loof, o knegte van die HERE, loof die Naam van die HERE!"

2Laat die Naam van die HERE geprys word, van nou af tot in ewigheid!"

3Van die opgang van die son tot by sy ondergang moet die Naam van die HERE geloof word!"

4Die HERE is hoog bo al die nasies; bo die hemele is sy heerlikheid."

5Wie is soos die HERE onse God, wat hoog woon,"

Psalms 113 illustration - Psalms Chapter 113

6wat laag neersien, in die hemel en op die aarde?"

7Wat die geringe uit die stof oprig, die behoeftige van die ashoop af verhef;"

8om hom te laat sit by die edeles, by die edeles van sy volk."

9Wat die onvrugbare van die huis laat woon—’n blye moeder van kinders. Halleluja!"

Chapter Complete

You have read Psalms 113

9 verses