Lumina
Psalms

Blessed is the Man

Psalms 112·Afrikaans Bible

1Halleluja! Alef. Welgeluksalig is die man wat die HERE vrees, Bet. wat ‘n groot welbehae in sy gebooie het."

2Gimel. Sy nageslag sal geweldig wees op die aarde; Dalet. die geslag van die opregtes sal geseën word."

3He. Oorvloed en rykdom is in sy huis; Wau. en sy geregtigheid bestaan tot in ewigheid."

4Sajin. Vir die opregtes gaan Hy op as ‘n lig in die duisternis: Get. genadig en barmhartig en regverdig."

5Tet. Gelukkig die man wat hom ontferm en uitleen, Jod. wat sy sake volgens reg besorg."

Psalms 112 illustration - Psalms Chapter 112

6Kaf. Want hy sal nooit wankel nie; Lamed. die regverdige sal in ewige gedagtenis wees."

7Mem. Hy vrees nie vir slegte tyding nie; Noen. sy hart is gerus, vol vertroue op die HERE."

8Samek. Vas is sy hart, hy vrees nie. Ajin. totdat hy op sy teëstanders neersien."

9Pe. Hy strooi uit, hy gee aan die behoeftiges; Sade. sy geregtigheid bestaan tot in ewigheid; Kof. sy horing word verhoog in eer."

10Resj. Die goddelose sien dit en is vererg; Sjin. hy kners met sy tande en smelt weg; Tau. die begeerte van die goddelose mense vergaan."

Chapter Complete

You have read Psalms 112

10 verses