Lumina
Psalms

Sit Thou at My Right Hand

Psalms 110·Afrikaans Bible

1Van Dawid. ‘n Psalm. Die HERE het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand, totdat Ek u vyande maak ‘n voetbank vir u voete."

2U magtige septer sal die HERE uitstrek uit Sion en sê: Heers te midde van u vyande."

3U volk sal baie gewillig wees op die dag van u krygsmag; in heilige feesgewade, uit die moederskoot van die dageraad sal vir U wees die dou van u jong manskappe."

4Die HERE het gesweer, en dit sal Hom nie berou nie: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek."

5Die Here aan u regterhand verbrysel konings op die dag van sy toorn."

Psalms 110 illustration - Psalms Chapter 110

6Hy sal ‘n strafgerig hou onder die nasies; Hy maak dit vol dooie liggame; Hy verbrysel ‘n hoof oor ‘n groot land."

7Uit die stroom sal Hy drink op die pad; daarom sal Hy die hoof ophef."

Chapter Complete

You have read Psalms 110

7 verses