Lumina
Psalms

My Heart is Fixed

Psalms 108·Afrikaans Bible

1‘n Lied. ‘n Psalm van Dawid. (108:2) My hart is gerus, o God! Ek wil sing en psalmsing, ja, ook my eer."

2(108:3) Waak op, harp en siter! Ek wil die dageraad wakker maak."

3(108:4) Ek wil U loof onder die volke, o HERE, en psalmsing tot u eer, onder die nasies;"

4(108:5) want u goedertierenheid is groot bo die hemel uit en u trou tot by die wolke."

5(108:6) Verhef U bo die hemele, o God, en u heerlikheid bo die hele aarde!"

Psalms 108 illustration - Psalms Chapter 108

6(108:7) Dat u bemindes gered kan word—verlos deur u regterhand en verhoor ons!"

7(108:8) God het gespreek in sy heiligdom: Ek wil jubel, Ek wil Sigem verdeel en die dal van Sukkot afmeet."

8(108:9) Gílead is myne, Manasse is myne, en Efraim is die beskutting van my hoof; Juda is my veldheerstaf."

9(108:10) Moab is my waskom; op Edom werp Ek my skoen; oor Filistéa jubel Ek."

10(108:11) Wie sal my bring in die versterkte stad? Wie lei my tot in Edom?"

Psalms 108 illustration - Psalms Chapter 108

11(108:12) Het U, o God, ons nie verwerp nie? En U trek nie uit, o God, saam met ons leërs nie."

12(108:13) Gee ons hulp teen die vyand, want die mens se hulp is vergeefse moeite."

13(108:14) In God sal ons kragtige dade doen, en Hy self sal ons vyande vertrap."

Chapter Complete

You have read Psalms 108

13 verses