Lumina
Psalms

A Prayer of the Afflicted

Psalms 102·Afrikaans Bible

1‘n Gebed van ‘n ellendige as hy beswyk en sy klagte uitstort voor die aangesig van die HERE. (102:2) o HERE, hoor my gebed, en laat my hulpgeroep tot by U kom!"

2(102:3) Verberg u aangesig nie vir my op die dag as ek in benoudheid is nie; neig u oor tot my; op die dag as ek roep, verhoor my gou!"

3(102:4) Want my dae verdwyn soos rook en my gebeente gloei soos ‘n vuurherd."

4(102:5) Platgeslaan soos die plante en verdor is my hart; want ek vergeet om my brood te eet."

5(102:6) Vanweë my harde gesug kleef my gebeente aan my vlees."

Psalms 102 illustration - Psalms Chapter 102

6(102:7) Ek is soos ‘n pelikaan van die woestyn, ek het geword soos ‘n uil op die puinhope."

7(102:8) Ek is slapeloos en het geword soos ‘n eensame voël op die dak."

8(102:9) Die hele dag smaad my vyande my; die wat teen my raas, gebruik my naam as ‘n vloek."

9(102:10) Want ek eet as soos brood en meng my drank met trane,"

10(102:11) vanweë u grimmigheid en u toorn; want U het my opgehef en my weggewerp."

Psalms 102 illustration - Psalms Chapter 102

11(102:12) My dae is soos ‘n skaduwee wat lank geword het, en ek, soos die plante verdor ek."

12(102:13) Maar U, o HERE, U bly tot in ewigheid, en u gedenknaam van geslag tot geslag."

13(102:14) U sal opstaan, U oor Sion ontferm; want dit is tyd om hom genadig te wees, want die bestemde tyd het gekom."

14(102:15) Want u knegte het sy klippe lief en het medelyde met sy puin."

15(102:16) Dan sal die heidene die Naam van die HERE vrees en al die konings van die aarde u heerlikheid;"

Psalms 102 illustration - Psalms Chapter 102

16(102:17) omdat die HERE Sion opgebou het, in sy heerlikheid verskyn het,"

17(102:18) Hom gewend het tot die gebed van wie ontbloot is, en hulle gebed nie verag het nie."

18(102:19) Dit sal vir die volgende geslag opgeskrywe word, en die volk wat geskape gaan word, sal die HERE loof;"

19(102:20) omdat Hy van sy heilige hoogte neergesien het, die HERE uit die hemel op die aarde gelet het,"

20(102:21) om die gekerm van die gevangene te hoor, om los te maak die kinders van die dood;"

Psalms 102 illustration - Psalms Chapter 102

21(102:22) sodat hulle in Sion die Naam van die HERE kan vermeld en sy lof in Jerusalem,"

22(102:23) as die volke almal saam vergader, ook die koninkryke om die HERE te dien."

23(102:24) Hy het my krag op die weg swak gemaak, my dae verkort."

24(102:25) My God, sê ek, neem my nie weg in die helfte van my dae nie—u jare is van geslag tot geslag!"

25(102:26) In die voortyd het U die aarde gegrondves, en die hemele is die werk van u hande."

Psalms 102 illustration - Psalms Chapter 102

26(102:27) Húlle sal vergaan, maar U sal bly; ja, hulle almal sal soos ‘n kleed verslyt; U verwissel hulle soos ‘n kledingstuk, en hulle verdwyn."

27(102:28) Maar U bly dieselfde, en u jare het geen einde nie."

28(102:29) Die kinders van u knegte sal woon, en hulle nageslag sal voor u aangesig bly bestaan."

Chapter Complete

You have read Psalms 102

28 verses